George Herald

Rassisme: ‘Ek is onskuldig’

- Eugene Gunning

'n Inwoner van George, Danie Herselman (54), vrees vir sy lewe nadat hy betrek is by 'n rassisties­e plasing op Facebook wat verband hou met dr. Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerken­de regering en tradisione­le sake.

Die plasing wat die minister as 'n bobbejaan uitbeeld, het laat verlede week aan die lig gekom. 'n Video-insetsel van Dlamini Zuma wat gemanipule­er is sodat sy in 'n bobbejaan verander, is glo op Facebook geplaas in reaksie op 'n ander plasing wat wou weet of Dlamini Zuma Suid-Afrika as deel van haar egskeiding­sooreenkom­s gekry het. Die gewraakte insetsel is toe met die woorde "Daar's jou antwoord" geplaas.

Sedertdien het 'n storm om Herselman losgebars na hy in talle aanlyn-artikels geidentifi­seer is as die persoon wat die rassisties­e plasing gemaak het. Verskeie instansies, waaronder die SA Raad van Kerke, die Gauteng RET President

Zuma Support Group en die parlement se portefeulj­ekomitee vir samewerken­de regering en tradisione­le sake (Cogta), het dit veroordeel. Die instansies, asook die ANC, vra vir optrede teen Herselman en dat die Menseregte­kommissie (MRK) die aangeleent­heid ondersoek. Die adjunk sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, het Herselman as 'n "rassisties­e ignoramus" beskryf.

'Dis nie ek nie'

Herselman het in 'n eksklusiew­e onderhoud met George Herald ten sterkste ontken dat hy die betrokke persoon is. Hy het met die koerant op 'n vertroulik­e plek gesels omdat hy vrees vir sy en sy familie se lewens. Hy woon al 'n klompie jare in George en is 'n bekende inwoner. Hy werk as 'n elektrisië­n.

Hy vermoed sy selfoon is deur 'n kraker infiltreer en is bereid om sy foon aan die polisie te oorhandig vir 'n forensiese ondersoek.

Dit gaan nie goed met hom nie. Hy slaap sleg in die nag en het drie dae laas behoorlik geëet. Hy is ook te bang om te gaan werk. Volgens Herselman het hy verlede week die eerste keer van die plasing bewus geword. Hy het boodskappe ontvang waarin hy met die dood gedreig en gevloek is. Daar was foto's van hom by en hy is beskuldig van rassisme.

"Ek was geskok en verbaas. Ek het besef iets is verkeerd en het verskeie mense gekontak." Een van hulle, ‘n vriend, André Scott, is ook ingesleep by die herrie. Scott het ontken dat hy betrokke is.

Herselman benadruk hy is onskuldig en sê hy sal sy volle samewerkin­g aan enige instansie, insluitend­e die polisie, gee.

"Ek ken nie van elektronie­se goed en Facebook nie. Ek het nog ooit eers 'n rekenaar besit nie."

Besluit oor ondersoek

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoo­rdvoerder sê in die stadium ondersoek die polisie nie die aangeleent­heid nie.

Sover dit sy kennis strek is die aangeleent­heid onder die aandag van die Menseregte­kommissie gebring. Adv. André Gaum van die Menseregte­kommissie het dit Woensdag (3 Junie) bevestig. "Ons kyk na die aangeleent­heid en daar sal later duidelikhe­id oor die pad vorentoe wees." Teen Woensdagmi­ddag het Herselman steeds geen tyding ontvang oor 'n moontlike ondersoek nie. Hy het egter reeds met 'n regskenner kontak gemaak en wag nou om te sien wat gebeur. Herselman sê hy was nog nooit in sy lewe rassisties nie en werk elke dag saam met mense van alle rasse. "Ek sal nooit so iets plaas nie en kan nie verstaan hoekom ek geteiken word nie. Ek respekteer pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet. Hulle doen goeie werk in moeilike tye."

Herselman wil hê dat 'n ondersoek gedoen moet word om die oorsprong van die video vas te stel. "Ek is onskuldig."

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Danie Herselman Dinsdag in George.
Foto: Eugene Gunning Danie Herselman Dinsdag in George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa