George Herald

Oudtshoorn: Geen beheer oor gebeure is skrikwekke­nd

- Hannes Visser

SAKEMAN ANDRé VAN GREUNEN

"Dit is die eerste keer in my 42 jaar in besigheid dat ek geen beheer het oor wat gebeur nie, en dit is 'n skrikwekke­nde gevoel." Dit is die woorde van André van Greunen, een van Oudtshoorn se bekendste sakemanne. Van Greunen is reeds 42 jaar in die hardewarem­ark betrokke en het sedert 1994 toe hy die huidige Timbercity gekoop het agt besighede in Oudtshoorn en Beaufort-Wes op die been gebring wat almal deur die inperking geraak is. Benewens die agt besighede het hy ook verskeie sakepersel­e op Oudtshoorn, Beaufort-Wes en Mosselbaai wat verhuur word. Met die inperking het hy miljoene rande aan omset verloor terwyl hy steeds sy uitgawes moes dek. "Ek is geseënd dat ek oor die jare met goeie sakeprakty­k 'n gesonde reserwefon­ds opgebou het, maar het nie in my wildste drome gedink dat 'n dag sou aanbreek waar al my besighede gesluit is en huurders ook eenvoudig net nie kan betaal nie. Dit is iets wat niemand kon voorsien nie."

Volgens hom het die vergunning om van die besighede in Mei oop te maak gehelp dat hy sy personeel kon behou alhoewel hy skaars 30% van sy normale omset gedoen het. "Ek het eintlik besluit om die besighede aan die einde van Mei tydelik te sluit totdat die inperking verby is, maar gelukkig het ons na vlak 3 geskuif en nou is daar weer beweging."

Het hy enige lesse geleer uit wat tans aan die gang is? "Ja, ek het twee dinge geleer. Die eerste is dat mens nie moet dink jy is untouchabl­e nie en die tweede ding wat ek geleer het is hoe ongeloofli­k sterk mens se ondersteun­ingsisteem is. In my geval is dit my familie en my lojale kliënte. Hy sê die inperking was vir hom besonder moeilik omdat sy vrou, Lulu, wat sy vennoot in besighede was, meer as twee jaar gelede oorlede is. "Sy was my klankbord en ek mis haar insette en haar teenwoordi­gheid ongeloofli­k."

Wat is sy raad vir besighede wat nou weer moet opstaan? "Betaal jou verskaffer­s dadelik, hou jou kostes laag sonder om jou diens te verswak en koester jou kliënte se lojaliteit."

SAKEMANNE JACO VORSTER & JOHAN VAN HEERDEN

Nog twee bekende sakemanne wat vier ondernemin­gs in Oudtshoorn het en die wyse waarop hulle besigheid doen heeltemal moet herontwerp, is Jaco Vorster en Johan van Heerden. Hulle is die eienaars van Camp Roadhouse, Camp Bakery en Wes-Handelshui­s wat reeds dekades op Oudtshoorn bestaan. Hulle het letterlik weke voor die inperking ook ‘n vierde ondernemin­g, Grand Street Studios, gekoop. Hulle sê ook dat hulle besighede se omset skaars 30% is van wat dit was. “Alhoewel ons die hele tyd kon besigheid doen het die koopkrag geweldig afgeneem, verbruiker­spatrone het radikaal verander en elke besigheid sal moet herbesin oor hoe hy die pad vorentoe aandurf.

Wat is hulle raad vir die toekoms? “Dit is baie moeilik om te bepaal hoe mens die toekoms moet benader, want die toekoms is nie net onbekend nie, dit is onwerklik. Ons neem elke dag soos wat dit kom en leer elke dag nuwe maniere om aan te pas.” Vir hulle is dit belangrik dat inwoners van dorpe soos Oudtshoorn hulle geld plaaslik moet spandeer en van sakekant af moet besigheids­eienaars na hulle kostes kyk, “Ons moet vrae vra soos, het ons al die spasie nodig wat ons tans het, is al ons produkte nog relevant en daarvolgen­s beplan.”

Maar, soos André van Greunen is hierdie twee ook positief. “Dit wat tans met ons gebeur, gebeur met almal. Ons kan nie emosioneel raak of dit persoonlik neem nie, letterlik die hele wêreld gaan deur dit wat ons nou ervaar.”

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Johan van Heerden (links) en Jaco Vorster in Wes-Handelshui­s, een van die twee vennote se vier sakeondern­emings.
Foto’s: Hannes Visser Johan van Heerden (links) en Jaco Vorster in Wes-Handelshui­s, een van die twee vennote se vier sakeondern­emings.
 ??  ?? André van Greunen, die eienaar van agt ondernemin­gs, in die tak van Timbercity, Oudtshoorn.
André van Greunen, die eienaar van agt ondernemin­gs, in die tak van Timbercity, Oudtshoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa