George Herald

DA verras met Farrel en Adams

- Eugene Gunning

Die DA het verras met sy keuses vir 'n proporsion­ele stadsraads­lid in George en die kandidaat vir 'n wyk in 'n munisipale tussenverk­iesing.

Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer, betree die politiek en Brendan Adams, bekende gemeenskap­sleier sal die DA se vaandel dra in die munisipale tussenverk­iesing in wyk 17. Beide het sterk gemeenskap­sbande. Die tussenverk­iesing sal moontlik in Augustus plaasvind en die wyk sluit Conville en Rosemoor in.

Geordin Hill-Lewis, LP en mede DA-kiesafdeli­ngshoof, het die nuus vroeg Dinsdagmid­dag in 'n verklaring bekendgema­ak. Luidens die verklaring is Farrell genomineer om die vakante proporsion­ele setel in die raad te vul.

Hy is beskryf as 'n sakeleier met wye ervaring van die sakewêreld wat menslike hulpbronne­bestuur en die bestuur van 'n eie sakeondern­eming insluit.

Kort nadat die nuus bekend geword het, het Farrell (63) gesê dit gaan nie daaroor om die politiek te betree nie. "Dit gaan oor of ek 'n verskil kan maak en die bydrae wat ek kan lewer tot die breër samelewing."

Op die vraag hoekom die DA, het hy geantwoord: "Ek assosieer my met hul waardes."

Hill-Lewis het gesê Adams is 'n gemeenskap­sleier van uitnemendh­eid. Hy het voorheen diens gedoen as 'n brandbestr­yder in die voorste linies teen van die ergste brande die laaste dekade. Hy is ook 'n tradisione­le leier (stamhoof) in die Khoi-gemeenskap. Baie mense ken Adams ook vir sy betrokkenh­eid by 'n blad op sosiale media, Lokasies Staan Saam.

NA BLADSY 5

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Dennis Farrell
Dr. Dennis Farrell
 ??  ?? Brendan Adams
Brendan Adams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa