George Herald

Rokers brand hulle vingers

- Kristy Kolberg

Soos dit is, is 'n roker se lewe tydens die grendeltyd­perk als behalwe maklik en tot oormaat van ramp word hulle deesdae gereeld deur swendelaar­s geteiken.

Dit was die duur les wat 'n paar rokers in die Suid-Kaap onlangs geleer het toe hulle met gesamentli­k sowat R125 000 uit die sak gejaag is.

In die eerste voorval het ‘n man van George ‘n groep vroue met sowat

R30 000 probeer inloop deur hulle vooruit te laat betaal vir sigarette wat hulle tot vandag toe nog nie gekry het nie, maar met die hulp van ‘n plaaslike Facebook-blad, Lokasies Staan Saam (LSS), kon hulle daarin slaag om ten minste hul geld terug te kry. "Hulle het hom gedreig dat as hy nie hul geld of die sigarette gee nie, hulle hom op LSS sal blootstel," vertel een van dié groep se administra­teurs, Brendon Adams.

In die tweede geval is nog ‘n groep vroue in Pacaltsdor­p met sowat R9 000 ingedoen.

George Herald het verlede week aanlyn hieroor ook berig, maar steeds het die vermeende swendelaar nie met die geld óf die sigarette vorendag gekom nie. Volgens 'n bron meen die swendelaar hy dra geen kennis van die vroue nie.

'n Roker van Mosselbaai is blykbaar ook met 'n slap riem gevang toe hy met sowat R75 000 ingeloop is.

In nog ‘n voorval is ‘n vrou van George ingedoen toe sy uit desperaath­eid ‘n e-sigaret wou aankoop. "Sigarette is onbekostig­baar en dit raak net al duurder. Ek het besluit om eerder in ‘n e-sigaret te belê," vertel sy.

"Ek het R500 aan die verkoper oorbetaal. Sy sou daardie middag ‘n e-sigaret aflewer, maar sy het nooit opgedaag nie en haar kontaknomm­er bestaan ook nie meer nie. Ek kon gelukkig elders regkom, maar ek is my geld kwyt. En deesdae is R500 ‘n fortuin."

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa