George Herald

Vullismons­ter bekruip die inwoners van Maraiskamp

- Michelle Pienaar

'n Reusevulli­shoop wat daagliks groei het inwoners van Maraiskamp rasend van bekommerni­s. Die onwettige stortingsa­rea in Kloofstraa­t is so groot, dit verswelg die hele straathoek.

Die situasie wek kommer by die gemeenskap, veral in die lig van Covid-19. Volgens 'n inwoner is daar nie 'n stortbak (skip) in die woonbuurt waarin inwoners hul vullis kan gooi nie. Dawid Kamfer, nasionale woordvoerd­er van Icosa, is verlede Vrydag tydens 'n besoek aan Maraiskamp van die situasie verwittig. Hy het dit sterk veroordeel en gevra vir spoedige optrede.

Munisipale direkteur van gemeenskap­sdienste, Walter Hendricks, het by navraag gesê onwettige stortings moet by die munisipali­teit by 044 802 2900 aangemeld word.

"Die stortings word volgens 'n klagtelys twee keer per week hanteer," het hy gesê.

Die plekke wat geïdentifi­seer word, word op die skoonmaakl­ys geplaas."

Volgens Hendricks is die department in die proses om stortbakke aan te koop. "Dit behoort in die nuwe finansiële jaar (2020 - 2021) gelewer te word, vir plasing in probleemar­eas," het Hendricks gesê.

Borcherds-pompstasie

Tydens 'n brand laataand verlede Donderdag by die pompstasie in Borcherds het die sekuriteit­shokkie afgebrand.

Volgens Athane Scholtz, mediaskake­lbeampte van Georgemuni­sipaliteit, is bewerings dat munisipale werkers hierby betrokke was, ongegronde bespiegeli­ng.

"Die oorsaak van die brand word ondersoek. Die munisipali­teit versoek dat enige persoon wat oor enige inligting in hierdie verband beskik, dit asseblief dadelik aan die polisie sal aanmeld," het sy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa