Reddingsboei red nie, maar hou sakeeienaars gyselaar
Marius Wannenburg, Wilderness:
Ek sit nog heeldag en top oor ’n dilemma. Dis eintlik nie ’n eendag ding nie, maar ’n 70 dae ding. ’n Dilemma wat begin het met ’n loopneus in Wuhan en reeds trek by 390 000 sterftes en meer ekonomiese skade as wat enige iemand ooit kon gedink het. Offisieel het die dilemma begin op 26 Maart, maar dit het eintlik in Desember begin. Dis soort van ’n “head and the heart” ding maar meer ’n besigheids- en morele verantwoordelikheidsding. Die twee loop mos nie altyd hand aan hand nie.
Ek het belange by ’n paar besighede en hulle word van redelik tot absoluut geaffekteer deur die pandemie. Darem is een van hulle nie ’n restaurant of ’n gastehuis nie. Nadat ek my oë opgeslaan het na die berge het ek maar links en regs ook gekyk vir hulp.
Nou kyk, ek is ’n ou wat kán swem en ek sal nie ’n lewensboei vat as iemand anders dit meer nodig het nie, so daar is die eerste dilemma. Moet ek die dom besigheidsbesluit maak om die een besigheid te probeer onderhou uit die ander een of die slim besluit om die besigheid toe te maak en baie geld te spaar. Mens kan mos altyd weer ’n soortgelyke besigheid begin wanneer hierdie nagmerrie verby is.
Dan is daar die morele kant… Die mense kant. Mense wie se noodlot nie in hulle eie hande is. Hulle verdien amper genoeg om elke maand se kostes te betaal en het waarskynlik een of twee klererekeninge wat al lankal handuit geruk het. Maatskappye soos Edgars en Truworths is mos lankal nie meer klerehandelaars nie, maar in die loan shark bedryf. Dis vir daai mense wat ek nie die slim besigheidsbesluit sal kan vat nie. Ek sal my klein “empiretjie” op die spel plaas as ek moet.
Dit bring my uiteindelik by die topic van hierdie e-pos.
Die Rupert-familie het uit die goedheid van hulle harte R1 biljoen van hulle geld gegee vir ’n noodleningsfonds wat bestuur word deur Business Partners. Ek was baie verbaas en verras toe ek gister 17:04 ’n e-pos van hulle kry dat ek kan aansoek doen vir ’n reddingsboei.
Dis nadat ek vroeg in April wou aansoek doen, maar op daai stadium was die bus vol - ek moes registreer om aansoek te kan doen vir die volgende bus. En hier is hy … 17:04 op die eerste Woensdag van Junie, maar dis net die bus wat jou oplaai om te gaan aansoek doen vir die reddingsboei.
Om ’n reddingsboei te kan kry is daar reëls:
1. Jy moet bewys dat jy kon swem voor die tyd (Besigheid moes winsgewend gewees het 2019 finansiële state en bestuur state tot Des 2019) - CHECK
2. Jy moet bewys dat jy betaal het om te mag swem (Tax compliant SARS sertifikaat) CHECK
3. Jy moet bewys dat jy gaan verdrink as hulle nie vir jou die reddingsboei gooi nie - Uuuh CHECK?
4. ID’s van alle direkteure en aandeelhouers – Ja, ja - CHECK
5. Bates en lastestaat van die hoofbesigheidseienaar - CHECK maar WTF?
Dis die besigheid wat die aansoek doen om te kan voortgaan om salarisse te betaal. Dit het mos niks met my kar of my huis uit te waai nie? In hierdie geval is ek self net ’n
25% aandeelhouer. Wie is die hoofbesigheidseienaar as daar vier aandeelhouers is wat elkeen 25% besit? Maar die manne met die Alfred Dunhill-pakke en Montblanc-penne in al hulle wysheid het daaraan ook gedink.
6. Persoonlike balansstate van alle aandeelhouers wat meer as 20% aandele het. Waaaat? As ek kan bewys dat die besigheid winsgewend was en tax compliant is en gaan verdrink sonder ’n reddingsboei, wat de hel het dit met die aansoek uit te waai?
But wait, it gets better…
7. Hulle vereis elke aandeelhouer wat meer as 20% aandeel het se huweliksertifikaat en huweliksvoorwaardekontrak.
Dis toe waar my besigheids- en morele waardes by die venster uit vlieg.
De moer met hulle reddingsboei en kamstige noodleningsfonds. Wat het my en my vrou se deal van 13 jaar terug hiermee uit te waai?
Hoekom sal ek nou in my persoonlike hoedanigheid verantwoordelikheid vat vir die lening wat ’n besigheid nodig het om aan te hou om salarisse te kan betaal?
Ek is in die bevoorregte posisie waar ek ander bote het om dié boot se drenkelinge op te pik. Dis ook maar ’n fyn balans om seker te maak dat die boot nie oorlaai word nie.
Maar, spare a thought for the small business owner.
Die ou wat net een boot het wat besig is om te sink.
Hy moet eers verantwoordelikheid vir al sy bemanning se reddingsboeie vat en homself persoonlik aanspreeklik maak om die geld terug te betaal - en dit terwyl die Ruperts in die eerste plek nie die geld wil terughê nie.
Dis ’n absolute skande dat hulle die entrepreneurs en besigheidsmense wat die ekonomie (dit wat nog oor is) aan die gang probeer hou persoonlik aanspreeklik hou vir die noodfonds wat die besighede en sodoende honderde duisende werknemers se bron van oorlewing kan red.
SKANDE!!
Dis die besigheid wat die aansoek doen om te kan voortgaan om salarisse te betaal.