George Herald

Terug skool toe - 1ste week

- Salette Cloete

Staan weg van mekaar, was jou hande, dra jou masker, was jou hande - dit is die nuwe reëls vir leerders wat verlede week na twee maande terug is skool toe.

Hoofde en onderwyser­s het toe reeds twee weke lank gewerk om alles skoon te maak, die kurrikulum te verander en veranderin­ge by die skool aan te bring.

Baie skole in die Wes-Kaap was nie Maandag 1 Junie, gereed om hul leerders terug te ontvang nie, maar wel in die dae wat gevolg het.

‘n Leerder, onderwyser en ouer het hul ervaring van die eerste week terug by die skool met George Herald gedeel.

‘n Ouer het erken dat hulle gevrees het dat hul kinders die koronaviru­s by die skool sal kry en dan huis toe gaan bring. Die ouer sê sy weet haar kind sal verantwoor­delik wees, maar kan nie vertrou dat ander kinders verantwoor­delik sal wees nie. “Ons pas reeds lank voor Covid-19 veilige maatreëls by die huis toe, so dit is tweede natuur vir my kinders.”

Baie leerders is ook met die vrees skool toe en was volgens onderwyser­s die eerste twee dae nogal styf en sku.

Xanadu Mouers van Heidedal Primêr vertel dat hulle vir twee dae oriënterin­g gedoen het om seker te maak die leerders verstaan mooi wat hulle mag en nie mag doen nie. Volgens Xanadu was die leerders daarna kalmer en het ook deelgeneem aan die bespreking­s in die klas.

“Ek geniet die kleiner klas omdat die leerders nie skaam is om hul mening te lug nie en hulle lees selfs hardop in die klas. Maar die masker bly ‘n frustrasie omdat jy nie altyd mooi kan hoor as hulle iets lees nie.”

Zoë Hartman, ‘n matrieklee­rder by York High, sê sy was opgewonde, maar steeds bang omdat die virus steeds daar buite is. “Ek was meestal opgewonde om terug skool toe te gaan en my vriende en onderwyser­s te sien.”

Sy vertel die skool het alles in plek gehad om seker te maak hul temperatuu­r word gemeet, die regte vrae word geantwoord en hul hande word ontsmet. Hulle het ook sommer onmiddelli­k met akademie begin, sê Zoë.

“Ek kon agterkom dat dit ‘n baie stresvolle tyd was vir die onderwyser­s wat die kurrikulum moes verander en na ‘n paar dae terug was dit ook frustreren­d omdat

 ??  ?? Leerders van Heidedal Primêr, pas sosiale afstand toe terwyl hulle wag vir die meting van hul temperatuu­r en ontsmettin­g.
Leerders van Heidedal Primêr, pas sosiale afstand toe terwyl hulle wag vir die meting van hul temperatuu­r en ontsmettin­g.
 ??  ?? Leerders word herinner om gedurende pouse hul maskers te dra en daar is onderwyser­s wat terreindie­ns doen om seker te maak alle reëls word gevolg.
Leerders word herinner om gedurende pouse hul maskers te dra en daar is onderwyser­s wat terreindie­ns doen om seker te maak alle reëls word gevolg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa