George Herald

Die Wesso’s en Gideon deur na toptien

- Salette Cloete

Georgiete, Gideon Lottering en die Wesso's is deur na die top-10 van Emo Adams se Maak My Famous-program.

Die Wesso's sê alles voel nog onwerklik. "Ons wil ons hele lewe lank al erkenning ontvang vir dit wat ons goed doen. Maar ook om eer te gee deur ons musiek," vertel die groep. Hulle is eintlik 'n gospelgroe­p wat die Here dien, en nou haal hulle die top-10 in 'n program soos Maak My Famous.

"Ons het al so baie geleer en gegroei. Emo het gesê, dat ons elke deelnemer moet leer ken en moet leer om met die gehoor te praat deur ons musiek en hoe ons op die verhoog beweeg. Hy sê ons moet elke liedjie voel en so die boodskap oordra."

Gideon sê om deel te wees van die top-10 van Maak My Famous beteken regtig baie vir hom. "Ek wag al so lank op 'n geleenthei­d soos dié om een van my talente aan die wêreld bekend te maak en Emo het hierdie platform vir ons geskep, so ek is regtig dankbaar vir die geleenthei­d." Volgens hom is hy 150% gereed vir die kompetisie want hy voel hy beweeg in 'n seisoen wat net die Here aan hom moontlik gemaak het. "So ek gaan gebruik maak van elke sekonde."

Ook die Wesso's sê die geleenthei­d beteken baie vir hulle en hul families. "Ons is die eerstes uit ons familie wat ons droom uitleef. Net om op die program te wees en 'n inspirasie vir ander te wees voel goed."

Soos baie bekende groepe voor hulle, sal hulle hard werk en probeer om die regte liedjiekeu­ses te maak. "Ons wil hê die liedjies moet betekenisv­ol wees. Dat die woorde en die boodskap pas by wie ons is en omdat ons graag mense deur ons musiek wil bereik."

Gideon sê wat hierdie kompetisie soveel anders maak is dat daar regtig aandag geskenk word aan jou talent en ook die ontwikkeli­ng daarvan. "Ek dink Emo weet dis somtyds moeilik vir plaaslike talent om 'n naam in die musiekindu­strie te maak, dis hoekom hy die geleenthei­d geskep het. Selfs om oudisies telefonies te doen.”

"Op die stadium van die kompetisie voel dit nie of ons kompeteer nie want ons almal is soos een groot familie en ons doen dit vir die liefde van ons talente soos Emo sê, 'as een wen dan wen ons almal' so ja, ons is 'n familie by

Maak My Famous." Gideon sê as dit by liedjiekeu­ses kom, wag daar 'n verrassing op die gehoor. Tans is hulle besig met voorbereid­ing vir die kompetisie wat weer in Augustus voortgaan.

‘Ek wag al so lank op ‘n geleenthei­d soos dié om een van my talente aan die wêreld bekend te maak.’

 ??  ?? Gideon Lottering
Die Wesso’s tydens die laaste ronde voor hulle vir die top-10 gekwalifis­eer het.
Gideon Lottering Die Wesso’s tydens die laaste ronde voor hulle vir die top-10 gekwalifis­eer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa