George Herald

Soet klanke van vioolmusie­k

- Eugene Gunning Lees meer by www.georgehera­ld.com.

Die soet klanke van vioolmusie­k aan die voet van die Outeniquab­erge het inwoners aan die praat. Met haar viool onder haar ken en strykstok in die hand, helder Lynette de Jager (29) gereeld soggens of saans die lewens van mense op. Soms doen sy dit sommer in die voortuin van haar ouerhuis in Glenbarrie.

De Jager, 'n beroepsvio­lis, het vertel dat alles begin het toe sy tydens die inperking voortgegaa­n het om met haar viool te oefen. Sy tree dikwels by openbare en korporatie­we geleenthed­e op, maar as gevolg van die inperking kon sy nie daarmee voortgaan nie. Haar planne was reeds in plek om in Amerika haar loopbaan voort te sit, maar sy moes dit eers op ys sit.

De Jager kom oorspronkl­ik van George en uit 'n familie met 'n sterk aanvoeling vir die kunste. Haar oom is onder meer wyle John van Reenen, wat benewens roem op die atletiekba­an, ook 'n skilder van formaat was.

As klein dogtertjie het sy op haar oupa,

Manie, se viool afgekom. Dit het oorspronkl­ik aan haar oupagrootj­ie behoort wat die viool tydens die Anglo-Boereoorlo­g bespeel het.

Die familie het dit laat restoureer en sy het lesse begin neem. Uiteindeli­k was musiek by Hoërskool Outeniqua een van haar vakke. Sy het besluit om 'n loopbaan daarvan te maak en na 'n streng keuring het sy B.Mus. op Stellenbos­ch gaan studeer.

 ??  ?? Lynette de Jager besig om op haar viool te oefen.
Lynette de Jager besig om op haar viool te oefen.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Lynette de Jager saam met haar ma, Vivienne de Jager. Vivienne is die suster van wyle John van Reenen.
Foto: Eugene Gunning Lynette de Jager saam met haar ma, Vivienne de Jager. Vivienne is die suster van wyle John van Reenen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa