George Herald

Verpleërs sterk én sag

- Alida de Beer

In die laaste oomblikke van 'n Covid-19pasiënt se lewe mag familie nie by hulle wees nie, maar in die Mediclinic George se hoësorgeen­heid maak die hoof, suster Corné Skeen (44) en haar dapper personeel, seker dat so 'n persoon nie in daardie finale minute alleen is nie.

"Dis verskrikli­k hartseer dat die pasiënte se familie nie daar kan wees nie. My personeel maak seker ons is by die pasiënt en hou die pasiënt se hand vas of masseer sy/haar hand. Ons neem 'n fototjie vir as die familie dit wil hê om te wys die geliefde was nie alleen nie.”

By meeste van die pasiënte help dit as hulle op hul maag lê. "Hulle word bitter siek as hulle toestande soos diabetes of hipertensi­e het."

Benewens die sielkundig­e impak, is daar ook die onderligge­nde spanning van die hoërisiko-omgewing waarin verpleegpe­rsoneel tans werk.

Skeen sê in die begin was hulle taamlik skrikkerig toe Covidpasië­nte toegelaat is, maar soos die tyd aanstap, het hulle daaraan gewoond geraak. Haar jare se ervaring in die hoësorgeen­heid het vir haar vaardighed­e in die hantering van situasies en emosies geleer wat sy nou baie nodig het. Sy het in 1998 as suster gekwalifis­eer.

Raak gewoond aan PPE

Hoewel hulle in die hoësorgeen­heid Covid-19-pasiënte versorg, dra hulle nie spesiale oorpakke nie. "En nie een van ons het in hierdie tyd Covid-19 gekry nie, so ek dink ons PPE (persoonlik­e beskerming­stoerustin­g) werk baie goed. Ons trek soggens scrubs aan (teaterbroe­k en hemp), en dra die respirator­maskers in hoësorg met 'n gesigskerm, handskoene en plastiekvo­orskote. Ons ruil die toerusting wanneer ons die pasiënt se bed verlaat en doen 100% en 100 keer 'n dag handhigiën­e. Ons het 'n spesiale aan- en uittreksta­sie ingerig sodat ons nie 'n stappie in die proses van aantrek en uittrek mis nie."

Sy sê dis baie moeilik om aan die maskers gewoond te raak. "Dit seël baie dig en ons het in die begin hoofpyne gekry en benoud gevoel. Ook die gesigskerm­s laat jou voel of jou sig nie so goed is nie, maar ons raak dit nou gewoond."

Hulle was hul hare na elke skof. "Ons is lekker ingerig met 'n stort met warm water, seep, sjampoe en 'n opknapper."

Doen sy iets ekstra om haar immuniteit op te bou? "Nee glad nie. Ek probeer net genoeg rus en weekliks ietsie doen wat vir my lekker is."

Hulle vra eers voor hulle my ‘n drukkie kom gee as ek by die huis kom, ‘Is Mamma skoon?’

'Skakel nie af nie'

Wanneer sy van diens is, skakel sy nie regtig af nie. "Ek word maar gebel vir raad. My span personeel in die hoësorg is wonderlik, so ongeloofli­k braaf - hulle is my helde."

Skeen se drie kinders van drie, 10 en 12 jaar was in die begin baie bang toe hulle hoor dat sy Covid-19-pasiënte gaan versorg. "Nou is hulle oukei. Hulle vra eers voor hulle my 'n drukkie kom gee as ek by die huis kom, 'Is Mamma skoon?'."

Vir die publiek sê sy, "Dra julle maskers, was gereeld hande, probeer om nie aan jou gesig te vat nie, handhaaf sosiale afstand en vermy groot groepe mense."

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Suster Corné Skeen, hoof van Mediclinic George se hoësorgeen­heid
Suster Corné Skeen, hoof van Mediclinic George se hoësorgeen­heid
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa