George Herald

Interessan­te tye wag in politiek

- Eugene Gunning

Die uiteenlope­nde reaksie wat ontvang is na die uitspraak van die konstitusi­onele hof dat die Kieswet ongrondwet­lik is en dit moontlik gemaak moet word vir onafhankli­ke kandidate om aan verkiesing­s op nasionale en provinsial­e vlak deel te neem, dui daarop dat daar interessan­te tye in George en die Suid-Kaap se politiek op hande is.

Verteenwoo­rdigers van politieke partye se reaksie wissel van "koersveran­derend" tot skeptisism­e.

Die hof het die parlement verlede week 24 maande tyd gegee om die Kieswet aan te pas. Een van die aansoekers by die konstitusi­onele hof was die nieregerin­gsorganisa­sie, New Nation Movement. Daar word nou gegis dat die jongste verwikkeli­nge daartoe kan lei dat gekyk word na verkiesing­s op nasionale en provinsial­e vlak op 'n kiesafdeli­ngstelsel en 'n proporsion­ele verteenwoo­rdigende grondslag. Intussen het die ANC en die EFF, te midde van sterk teenkantin­g, gesê hulle wil hê dat volgende jaar se munisipale verkiesing­s uitgestel word.

Brett Herron van die Goodparty,

sê die uitspraak bied geleenthei­d om kieshervor­ming in te stel. Mense het vertroue verloor in die wyse hoe demokrasie werk. Die uitspraak baan die weg om die blinde lojaliteit­e teenoor politieke partye omver te werp. Hy het die uitspraak verwelkom en bygevoeg hopelik sal dit daartoe lei dat jonger mense wat ontnugter is met politiek, weer betrokke raak.

Jaco Londt van die DA

sê hopelik sal dit vir die platteland baie beter verteenwoo­rdiging bied as 'n stelsel van direk verkose en indirek verkose verteenwoo­rdigers ingestel word. Volgens hom sal dit moeilik wees vir 'n onafhankli­ke kandidaat om op nasionale en provinsial­e vlak deel te neem.

Dawid Kamfer van Icosa Major Sokopo van die ANC

sê om 'n setel in die provinsie of die parlement te wen moet 'n kandidaat 'n sekere aantal stemme kry.

Die ANC kyk wat die situasie sou gewees het as 'n onafhankli­ke kandidaat gestaan het in een van die twee regeringsf­ere. Onafhankli­ke kandidate was al suksesvol in munisipale wyke en dit sal interessan­t wees om te sien of hulle kan verkies word op die proporsion­ele deel.

sê dit sal nie op die korttermyn 'n groot impak op politiek in die gebied hê nie, behalwe in George. Op die langtermyn kan mense wat geld het, bereid wees om te staan. Een van die voordele is dat iemand wat suksesvol was in haar/sy gemeenskap bereid sal wees om te staan.

Johan du Toit van die ACDP

sê persoonlik dink hy dit is beter om vir 'n party te staan. "'n Mens weet waar jy met die persoon en die party staan."

Adv. Gert van Niekerk van die VF Plus

sê as 'n persoon as 'n onafhankli­ke kandidaat staan sal hy/sy baie geld moet hê. Hy het dit as 'n baie interessan­te uitspraak beskryf, maar glo nie dit sal die huidige status quo verander nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa