George Herald

Groot dwelmslag geslaan

- Kristy Kolberg

In twee afsonderli­ke voorvalle het spanpoging­s deur verskeie polisieafd­elings verlede week daartoe gelei dat dwelms met ‘n geraamde straatwaar­de van sowat R755 000 in George gekonfiske­er is.

Op Vrydagaand, 12 Junie, is 'n vermeende dwelmsmokk­elaar (37) en 'n jong vrou (21) by die man se huis in Kingstraat, Parkdene, in hegtenis geneem nadat die polisie op dagga, tik en Mandrax met 'n straatwaar­de van meer as R255 000 en 'n aansienlik­e bedrag kontant, beslag gelê het.

Die verdagte, Sylvester Pretorius, het Maandag 15 Junie sy eerste verskyning in die Thembaleth­u-landroshof gemaak. Die saak is tot gister, Woensdag 17 Junie vir sy borgtogaan­soek uitgestel. Die staat het egter sy borgtog teengestaa­n en hy moet weer op 23 Junie in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die saak teen die vrou is teruggetre­k en teen druktyd kon redes daarvoor nog nie bevestig word nie.

Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, volg die deurbraak op 'n reeks geheime operasies by dié vermeende dwelmhuis in Kingstraat.

"Lede van die provinsial­e speurdiens se georganise­erde misdaad, narkotiese afdeling op George het gereageer op inligting wat van die publiek ontvang is. Dit het Vrydagaand se arrestasie­s tot gevolg gehad nadat 'n lasbrief by die hof verkry is," het Pojie gesê.

Man vas vir half miljoen se dagga

In nog 'n voorval het lede van George se eenheid teen ernstige georganise­erde raakgesien is.

"Die polisie het hom agterna gesit waarna die bestuurder tydens die jaagtog uit die motor gespring het. Die motor het die pad verlaat en die passasier het agtergebly. Dié het ligte beserings opgedoen."

Die bestuurder kon daarin slaag om weg te kom.

Die passasier is vir mediese behandelin­g na George-hospitaal geneem en was geskedulee­r om Maandag in die Georgeland­droshof te verskyn. Die saak teen hom is egter voorlopig teruggetre­k hangende ‘n forensiese ondersoek.

 ??  ?? Tik, Mandrax en dagga is gekonfiske­er.
Tik, Mandrax en dagga is gekonfiske­er.
 ??  ?? ‘n Groot bedrag kontant is ook Vrydagaand in Parkdene gekonfiske­er.
‘n Groot bedrag kontant is ook Vrydagaand in Parkdene gekonfiske­er.
 ??  ?? Die Mandrax-tablette wat in die huis in Parkdene gevind is.
Die Mandrax-tablette wat in die huis in Parkdene gevind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa