George Herald

Vertroue geskend op ergste vlak

- Kristy Kolberg

Twee skokkende voorvalle van beweerde kinderverk­ragting in George word deur die polisie ondersoek.

In beide die gevalle is die aangeklaag­des persone baie na aan die slagoffers, wat veronderst­el was om die kinders te koester en hulle belange op die hart te dra.

Oupa aangekla vir verkragtin­g van kleinkind (3)

‘n Oupa (61) van Denneoord sal weer op 13 Augustus in die George-landdrosho­f verskyn vir die beweerde verkragtin­g van sy driejarige kleindogte­r.

Volgens ‘n Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, het die kleuter haar ma van die voorval vertel nadat sy op 23 Mei by haar ouma en oupa gekuier het. “Die eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe in George (GKS) ondersoek ‘n saak van verkragtin­g.

Die verdagte het op 10 Junie in die Georgeland­droshof verskyn waar hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is.”

Die saak is tot Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

Familievri­end verkrag na bewering dogtertjie (8)

Die man (63) wat in Maart vanjaar in hegtenis geneem is nadat hy na bewering ‘n agtjarige meisie by haar huis in Andersonvi­lle, Pacaltsdor­p, verkrag het, is op Maandag 27 Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Hy moet op 24 Julie weer in die hof verskyn.

Die slagoffer se pa het gesê die verdagte was ‘n familievri­end wat hulle gereeld besoek het.

Volgens hom het ‘n ander familielid, wat hulle uit Mosselbaai besoek het, die verdagte na middagete op

Sondag 1 Maart saam met die slagoffer in die badkamer buite die huis betrap.

Die gesin het die polisie gebel en die verdagte is in hegtenis geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa