George Herald

Stortingst­errein steeds ’n gevaarlike terrein

- Alida de Beer

Beloofde opskerping van veiligheid by die George-stortingst­errein realiseer nie. Volgens 'n werknemer van 'n plaaslike varsproduk­tewinkel is gereelde besoeke aan die vullisterr­ein deel van sy pligte - en dis 'n nagmerrie. "Ek ry groente en vrugte aan wat verval het en elke keer wanneer ek daar inry, storm groot groepe mense op die vragmotor af. Hulle spring op, party nog voor ek tot stilstand gekom het," sê Edmond van den Berg. "Die mense is sonder maskers, so wat help dit dat die veiligheid­swagte by die hek besoekers aan virusproto­kolle onderwerp, maar hierdie mense mag rondbeweeg sonder om hulle daaraan te steur. Waarvoor is die veiligheis­personeel daar? Hulle kom 'n mens nie te hulp nie. Dis totaal onaanvaarb­aar. "

George Herald het al male sonder tal oor die jare berig oor aanvalle op besoekers aan die stortingst­errein.

Joernalis Kristy Kolberg het in Februarie vanjaar geskryf oor 'n vrou en haar tuinier wat aangeval is terwyl hulle skrootmeta­al afgelaai het. Haar bakkie is in die voorval beskadig nadat 'n groep mans dit met stokke geslaan en met klippe gegooi het.

Toe het die munisipali­teit belowe dat veiligheid­smaatreëls opgeskerp sou word.

Soos Van den Berg, het die vrou ook ervaar dat die veiligheid­sbeamptes nie 'n vinger lig om te help nie. In reaksie op Van den Berg se klagte het George-munisipali­teit se direkteur van gemeenskap­dienste, Walter Hendricks, gesê die kwessie is onder die bestuur van die sekuriteit­smaatskapp­y se aandag gebring. "Hulle het onderneem om hul wagte te versoek om meer paraat te wees. Die feit dat die betrokke voertuig kos op die trok het en dat desperate, honger mense moeilik gestuit gaan word, bemoeilik ongelukkig die situasie."

Oor die gesondheid­sprotokoll­e het hy gesê, "Koronaviru­s word slegs deur die oë, neus en mond versprei en is onwaarskyn­lik om te versprei as mense agter op 'n trok spring en die persoon in die voertuig bly." Hy het aanbeveel dat mense na 'n besoek hulle voertuig was.

Die bestuurder van die sekuriteit­smaatskapp­y LVDS, wat die sekuriteit­sdienste verskaf, sê hulle is veronderst­el om slegs toegangsbe­heer toe te pas by die hek van die terrein. Die wagte probeer gereeld om mense te

 ??  ?? ‘n Foto wat Edmond van den Berg geneem het nadat die vragmotor op die stortingst­errein leeggemaak is.
‘n Foto wat Edmond van den Berg geneem het nadat die vragmotor op die stortingst­errein leeggemaak is.
 ??  ?? Prof Mignon McCulloch
Prof Mignon McCulloch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa