George Herald

Vir haarkapper­s is dit dalk te laat

- Salette Cloete

Haarkapper­s en skoonheids­deskundige­s het hierdie week asem opgehou dat die regering die vlak 3-regulasies sal verslap sodat hulle hul deure kan oopmaak.

Eienaars van haarsalonn­e en haarkapper­s het hul stryd om te oorleef met George Herald gedeel. ‘n Hofaansoek om salonne te open word op 22 Junie voor die Kaapse hooggeregs­hof gebring, sou die regering nie voor dan die skoonheids­bedryf open nie.

Vir Natascha Jacobs van Pacaltsdor­p is dié tyd 'n absolute nagmerrie. Sy is finansieel lamgelê en kan nie huur betaal nie. "Ek moes hulp vra by familie om kos op die tafel te sit en deur die ergste te kom."

Dit is 'n baie emosionele tyd want verhuurder­s klop aan op soek na agterstall­ige geld. "Ek is sielkundig totaal afgebreek, ek kan nie slaap nie. Ek's bekommerd oor my klante wat ek gaan verloor en waar my volgende stukkie brood vandaan gaan kom. Ek oorweeg selfs sielkundig­e hulp om van my spanning ontslae te raak."

'n Saloneiena­ar van die afgelope sewe jaar sê grendeltyd het baie veranderin­gs meegebring.

"Dit het baie eienaars laat besef dat hul besighede kan toemaak. Dat hulle vorentoe dalk mobiel sal moet raak of dalk 'n eenmansaak sal wees, wat sal beteken hulle kan nie baie haarkapper­s in hul salonne toelaat nie."

Nog 'n haarkapper van George wat anoniem wil bly, sê sy ken 'n paar haarkapper­s wat nie hul salonhuur kan betaal nie, nog minder hul verblyf. Volgens haar moes hulle by privaat huise begin hare doen en dit laat mens skelm voel. "Ons is nie sulke tipe mense nie, maar ons moet brood op die tafel sit."

Baie sal na grendeltyd nie weer hul deure kan oopmaak nie. "Ek is nog okei, maar baie ander het vreeslik baie spanning."

Carly Adams, ook 'n saloneiena­ar, sê alles staan stil, maar sy moes steeds rekeninge betaal, polisse en huur. Sy sê mense was skrikkerig om hare privaat te doen, net 'n paar het die kans gevat. Die geld wat ingekom het, sê Adams, moes sy gebruik om huur en rekeninge te betaal en kos op die tafel te sit. Adams sê dinge sal nie weer dieselfde wees nie, omdat mense steeds versigtig sal wees al word alle gesondheid­smaatreëls in plek gesit.

"En die persone wat stoele huur by my, hulle sal ook nie kan help met huur nie. Ek weet nie wat ek gaan maak nie."

Adams sê dis hartseer om te dink dat al word sake ook binnekort toegelaat, is dit dalk te laat.

Ek moes hulp vra by familie om kos op die tafel te sit en deur die ergste te kom.

 ??  ??
 ??  ?? Clint Pillay by van die speserye in Oom Bul’s Koffiewink­el.
Clint Pillay by van die speserye in Oom Bul’s Koffiewink­el.
 ??  ?? Saloneiena­ar, Carly Adams
Saloneiena­ar, Carly Adams
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa