George Herald

Groot gholfvreug­de heers in George

- Hugo Redelinghu­ys

“Man, woorde kan nie nou vir jou beskryf hoe dit voel om weer 'n paar stokke op 'n gholfbaan te swaai nie.” “Hemels. Dit was hemels.” “Ons is bevoorreg. Nee, ons is geseënd.” “Fantasties. Lekkerder as lekker.” “Ek was só bly om weer my gholfpêlle op die baan te sien dat ek hulle amper wou soengroet.” Dít was maar enkele van die opmerkings van amateurgho­lfspelers nadat gholfbane na maande se inperking weer oopgemaak het. Blydskap, groot opgewonden­heid en baldadige vreugde het Saterdag in George geheers toe uitgehonge­rde gholfspele­rs weer kon terugkeer om hul gunsteling­sport te beoefen. Gholf het weer nuwe lewe gekry op Kingswood, George en Glenwood.

Die gholfgees by Glenwood gholfbaan, was aansteekli­k. Glenwood is die nuutste baan in die land wat ten volle by GolfRSA geaffiliee­r is. Alhoewel die baan net oor nege putjies beskik, voldoen dit ná die evaluering vroeër vanjaar aan die internasio­nale standaarde van 'n volwaardig­e gholfbaan en bied dit al die voordele aan sy lede.

Glenwood-lede kon nie uitgepraat raak oor die goeie toestand van die baan nie. Dié baan se setperke het nog altyd net lof van spelers en besoekers gekry.

Ian Gibbon, eienaar van Glenwood, was Saterdag 'n verligte, maar diep tevrede, man. "Dit was lekker om die klublede weer in aksie te sien. Ons het baie uitgesien daarna om die baan weer oop te maak, veral noudat ons 'n volwaardig­e lid van GolfRSA is."

Gibbon sê ten spyte van die inperking van amper drie maande waarin die klub geen inkomste gegenereer het nie, het hy sy personeel van vierstuks met volle betaling behou. "Gelukkig het ons reserwes gehad om op terug te val."

George en Kingswood, albei klubs met 'n personeelk­orps van om en by 40 mense, kon danksy goeie beplanning en gesonde finansiële bestuur, ook hul mense met volle betaling behou.

GolfRSA het verlede Vrydag 'n lotery op iTickets.co.za van stapel gestuur waar sportliefh­ebbers kaartjies kan koop vir

'n kans om groot pryse te wen. Die geld gaan vir 'n hulpfonds om werknemers in die gholfbedry­f finansieel te ondersteun

Ek was só bly om weer my gholfpêlle op die baan te sien dat ek hulle amper wou soengroet.

wat hul werk verloor het. Die groot prys is ongetwyfel­d 'n dag op Fancourt se fenomenale Links-baan saam met Ernie Els, 'n viermalige Major-wenner. Vir die voorreg om saam met die Big Easy te speel, is slegs 350 kaartjies beskikbaar gestel.

Ons beoog om aanstaande week nog aksiefoto's van die gholf by Glenwood te publiseer.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Ian Gibbon, eienaar van Glenwood-gholfbaan, was Saterdag ‘n diep tevrede man nadat hy sy klub se deure ná drie maande weer vir besigheid kon oopmaak. By hom is sy vrou, Gaylene (regs), en ‘n werknemer, Lammy Kruid.
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Ian Gibbon, eienaar van Glenwood-gholfbaan, was Saterdag ‘n diep tevrede man nadat hy sy klub se deure ná drie maande weer vir besigheid kon oopmaak. By hom is sy vrou, Gaylene (regs), en ‘n werknemer, Lammy Kruid.
 ??  ?? Davey de Koker volg sy bofhou.
Davey de Koker volg sy bofhou.
 ??  ?? Francois Potgieter, klubkaptei­n van Glenwoodgh­olfklub, konsentree­r op sy sethou.
Francois Potgieter, klubkaptei­n van Glenwoodgh­olfklub, konsentree­r op sy sethou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa