George Herald

Zoë skryf oor boelies en talent

- Michelle Pienaar

‘n Negejarige slimkop van Pacaltsdor­p Primêr het ledige dae tydens grendeltyd goed benut en haar eie boek die lig laat sien.

Zoë Bhana se kinderboek, Roxcy se talent, is haar eerste poging om ‘n regte storie te skryf. Nou is daar geen keer aan Zoë nie en beplan sy nog ‘n paar boeke as deel van haar Roxcy-reeks - ‘n voorbeeld vir alle ander jonges wat wil wys wat in hulle steek tydens nasionale jeugmaand.

Die storie handel oor ‘n meisie, Roxcy, wat op skool geen merkwaardi­ge talente toon nie.

Roxcy word egter gedwing om aan ‘n talentkomp­etisie deel te neem, waar sy haar sangtalent ontdek en almal - insluitend haarself - verbaas.

Die hoofkarakt­er word op skool aan boeliegedr­ag blootgeste­l en binne hierdie milieu moet sy haar eie identiteit vind. Volgens die gr. 3-leerder se ma, Stacey, identifise­er haar dogter met die hoofkarakt­er, aangesien Zoë ook op skool deur ‘n klasmaat geboelie is.

“Die voorvalle het in gr. 1 en gr. 2 gebeur,” het Stacey gesê. “Zoë het deur ‘n baie moeilike tyd gegaan. Sy het op ‘n stadium vir my gesê: ‘Al wanneer ek goed voel is wanneer ek my werk doen. Wanneer ek kan lees en skryf.’ Sy het in haar boeke ontvlug.”

Dié jong presteerde­r van Pacaltsdor­p blink uit op skool en het verlede jaar topakademi­ese pryse ingepalm. Sedert gr. 1 lees Zoë soveel moontlik en haar ouers moet voortduren­d die biblioteek besoek.

“Sy was maar ses jaar oud toe lees sy die kerkprogra­m van voor tot agter. Tydens grendeltyd het sy verveeld geraak, want haar boeke is klaar gelees. Haar oupa, Lionel Fortuin, ‘n onderwyser van Hoërskool Concordia op Knysna, het haar aangemoedi­g om haar eie boek te skryf,” het Stacey vertel.

‘n Kollega van Fortuin, Gezwill Percy, het die boek geïllustre­er en gehelp met die drukwerk.

Die parlements­lid Laetitia Arries, Zoë se pa se tante, is so beïndruk met die boek, sy wil dit graag aan die onderwysde­partement voorlê.

Volgens Stacey beoog hulle om Zoë se boek in verskillen­de tale te vertaal, aangesien baie kinders daarby sal baat.

 ??  ?? Zoë Bhana (9), ‘n gr. 3-leerder van Pacaltsdor­p Primêr, wys waaraan sy so hard gewerk het tydens grendeltyd.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Zoë Bhana (9), ‘n gr. 3-leerder van Pacaltsdor­p Primêr, wys waaraan sy so hard gewerk het tydens grendeltyd. Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa