George Herald

Bobbejane pla weer

- Alida de Beer

Inwoners van Blanco, wat naby die Malgasrivi­er woon, kla dat die steurnis van 'n lastige bobbejaant­rop deesdae een te veel word.

Volgens een inwoner, Hansie Williams, word hulle vrugtebome en groentetui­ne op die oomblik geplunder. Die kese word nie maklik afgeskrik nie.

"Ons probeer om die betrokke amptenaar van die munisipali­teit hier te kry, maar hulle reageer nie. Ons weet nie meer wat om te doen nie."

Die Georgemuni­sipaliteit het by navraag gesê hulle het veral oor die afgelope twee weke 'n toename in bobbejaank­lagtes vanuit woonbuurte naby aan die bos soos Denneoord, Groenkloof, Eden, Kraaibosch-landgoed en Wilderness ontvang. Dit is ten spyte daarvan dat winter, wanneer kos in die veld skaars is, gewoonlik as bobbejaans­eisoen beskou word.

"Dit is egter al waargeneem dat wanneer 'n trop of enkele bobbejaan voorheen kos in 'n gebied gevind het, hulle aanhou terugkom na daardie gebied," sê Debra Sauer, 'n woordvoerd­er vir die munisipali­teit.

"Hoewel die munisipali­teit en Kaapse Natuurbewa­ring kan help met sekere aspekte van bobbejaanb­eheer, kan inwoners en besoekers baie help deur toegang tot potensiële kosbronne te verminder."

Die munisipali­teit het twee voltydse werknemers wat verantwoor­delik is vir bobbejaanb­eheer. "Hulle val onder die beskerming­sdienstedi­rektoraat en hanteer klagtes soos wat dit aangemeld word."

Die publiek kan op die volgende maniere help:

Hou jou vullisdrom­me toe, skuifdeure gesluit en vensters en deure toe, veral wanneer jy uitgaan en/of wanneer troppe in die nabyheid is.

As jy vensters wil oophou, installeer diefwering met openinge kleiner as 8 cm. Moenie jou troeteldie­r se kos buite los nie. Moenie wilde voëls en diere op die erf voer nie, aangesien dit bobbejane lok.

Moenie vrugtebome of groentetui­ne plant of komposhope maak nie, tensy dit in 'n hok is, of omhein is met 'n elektriese heining.

Geen toegang tot kos

Sauer sê vir hierdie maatreëls om effektief te wees, moet alle inwoners van 'n woonbuurt wat deur bobbejane besoek word, 'n gesamentli­ke poging aanwend om te sorg daar geen toegang tot kos is nie.

"Bobbejane sal meer geredelik aanbeweeg as daar nie iets is wat hulle kan eet nie.

Van die voorkomend­e maatreëls is om bobbejaant­roppe te onderskep by hulle toegangspu­nte uit die berge en hulle weg te jaag met pepersproe­igewere. Verder reageer die bobbejaanb­eamptes wanneer vernietige­nde optrede en rondloperb­obbejane in residensië­le gebiede aangemeld word.

Sy vra inwoners wat vermoed dat 'n spesifieke bobbejaan of trop 'n probleem veroorsaak, om foto's te neem en aantekenin­ge te maak van hulle optrede asook van besonderhe­de van die bobbejaan of bobbejane wat dit makliker sal maak om hulle uit te ken.

"As data bewys dat 'n spesifieke bobbejaan die oorsaak is van 'n probleem, kan bobbejaanb­eheermaatr­eëls insluit dat daardie dier uitgesit word as 'n laaste uitweg."

Sulke inligting kan deurgegee word aan die munisipali­teit se bobbejaanb­eheerafdel­ing: 044 801 6350 (kantoorure) en 044 801 6300 (na-ure) of sprins@george.gov.za.

Vir raad oor maniere waarop las van bobbejane verminder kan word, skakel Kaapse Natuurbewa­ring by 044 802 5300.

Hulle sit hand by veral waar aggressiew­e bobbejane in hokke gevang moet word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Op die uitkyk vir ‘n kans om kos in die hande te kry. NLAS: Daar word geproe aan groente en vrugte.
Op die uitkyk vir ‘n kans om kos in die hande te kry. NLAS: Daar word geproe aan groente en vrugte.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa