George Herald

Gr. 8 - volgende hoofstuk van skoolloopb­aan

- Eugene Gunning

GEORGE - Vir baie leerlinge in gr. 8 het Maandag 15 Februarie seker soos hul eerste dag op skool gevoel. Dit was die begin van hul sekondêre skoolloopb­ane.

By Hoërskool George het leerlinge van vroeg af by die hek opgedaag waaronder talle gr. 8's streng Covid-19-protokolle gevolg het.

Pastoor Hilton Langeveldt van Tipping Point Prayer Network George het op 'n ramshoring geblaas. Hy en Joseph Jaer van dieselfde instansie het saam by die hekke van die skool gebid kort voordat die nuwe skooljaar begin het. "Die kinders se opvoeding lê ons na aan die hart," het hy vertel.

Langeveldt het gesê dit is nodig dat kerk en skool hande vat in die opvoeding van kinders. Die ramshoring se blaas is soos 'n gebed sonder woorde. Die klank wat vrygestel word herinner mense dat hulle gereed moet wees op die wederkoms van Jesus.

Charlene Ruiters van Conville het haar dogter, Joy Trantraal (13) kom afsien by die skool. Dit was Joy se eerste dag in gr. 8. Sy het vertel dis 'n uitdaging vir kinders om nou op skool te wees. Sy is opgewonde oor die nuwe tydvak in haar lewe. Dis wel 'n aanpassing want leerlinge moet byvoorbeel­d maskers in die klaskamers dra. Sy wil na skool medies gaan studeer.

Charouise Gordon het haar seun, Lorenzo (13) skool toe geneem. Hy was opgewonde en nie bang nie. Hy weet nog nie wat hy eendag na skool gaan doen nie.

Die nuwe skooljaar vir leerlinge by Hoërskool Outeniqua het ook Maandag 15 Februarie amptelik begin.

Dit was egter nie die eerste dag terug op die skoolterre­in nie. Woensdag 10 Februarie het gr. 9's en 10's administra­tiewe take afgehandel en handboeke ontvang. Donderdag was dit die gr. 11's en 12's se beurt.

Die gr. 8-leerlinge is Vrydag 12 Februarie by die skool verwelkom. Streng Covid-19protokol­le is gevolg.

Christo Vorster, die skool se hoof, het gesê 370 gr. 8-leerlinge het Vrydag aangemeld. Sover bekend is dit die grootste groep gr. 8-leerlinge in die skool se bestaan.

Altesaam 322 gr. 12leerling­e is vanjaar by die skool. Dit is 'n groter groep as verlede jaar. Die gr. 12-leerlinge moet elke skooldag by die skool wees en die ander groepe wissel elke tweede dag.

Die skool het 84 onderwyser­s en hulle het reeds twee weke gelede begin.

Covid-19-regulasies word gevolg om seker te maak dat almal veilig is. Volgens hom is die skool goed voorbereid en hulle sien uit na die nuwe skooljaar.

Die kinders se opvoeding lê ons na aan die hart.

 ??  ?? Graad 8-leerlinge van Hoërskool Outeniqua word Vrydag verwelkom.
Graad 8-leerlinge van Hoërskool Outeniqua word Vrydag verwelkom.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Charlene Ruiters van Conville het haar dogter, Joy Trantraal (13) na Hoërskool George geneem.
Foto: Eugene Gunning Charlene Ruiters van Conville het haar dogter, Joy Trantraal (13) na Hoërskool George geneem.
 ??  ?? See more photos at
Nielan Greyling has his temperatur­e taken by Maclee Farao at Knysna Primary School.
See more photos at Nielan Greyling has his temperatur­e taken by Maclee Farao at Knysna Primary School.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa