George Herald

Totsiens Urwin

- Eugene Gunning

GEORGE - Die gewildheid van wyle

Urwin da Silva was Saterdag 13 Februarie duidelik sigbaar, toe mense te midde van streng Covid-19-protokolle, in Plantasiew­eg in Pacaltsdor­p, opgedaag het vir sy begrafnis. Mense het sosiale afstand gehandhaaf en in lang rye aan weerskante van die straat gestaan en gesit. Die 69-jarige Da

Silva het Saterdagaa­nd 6 Februarie in ‘n motorongel­uk gesterf.

Kort voor die verrigting­e, het lede van die Pacaltsdor­p Riding Club op perde ‘n verbyrit by die familie se huis gedoen.

Verskeie huldeblyke is gelewer en ‘n woorde-prentjie is geskets van iemand wat diep spore in die breë George-gemeenskap en veral in Pacaltsdor­p, getrap het.

Cecil Noble het ‘n brief namens Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs en voorsitter van die DA se oosstreek, voorgelees. Simmers kon nie teenwoordi­g wees nie.

Simmers het onder meer geskryf dat Da Silva se nalatenska­p inspireren­d is en ‘n voorbeeld vir die wat agterbly. Hy was altyd bereid om die behoeftes van ander mense eerste te stel. Noble het Da Silva as ‘n pragtige mens beskryf met vele talente. Hy sou nie wou hê mense moet hartseer wees op sy begrafnis nie. Hulle moet eerder lag.

Een van die mense wat aanwesiges wel laat lag het te midde van die hartseer, was pastoor Rodger Daniels van die SuidAfrika­anse Voetbalfed­erasie Protea Legends. Hy het ‘n staaltjie gedeel oor een van die rugbywedst­ryde waarin Da Silva vir die destydse Proteas teen die Luiperds uitgedraf het.

Da Silva was ‘n flank en kon ook skepskop. Saam met hom in die span was die bekende Errol Tobias wat losskakel gespeel het. Toe Da Silva in ‘n stadium met ‘n skepskop die bal oorklits wou Tobias weet wie is nou eindelik die “flyhalf ”.

Kidron Kaboni, jare lange vriend, het gesê Da Silva se lewe was niks skyn en afwykings nie. Toe hy in 1974 vir die Proteas teen die Britse Leeus speel was dit die groot hoogtepunt van sy lewe.

Sam May het gesê Da Silva het geweet waar sy hulp en krag vandaan kom. Hy het ‘n verhouding met Hom gehad. Hy het hom beskryf as vredeliewe­nd met uitstekend­e menseverho­udings. Sy betrokkenh­eid by die gemeenskap is bewys van sy liefde vir sy medemens. John Rondganger van die United Congregati­onal Church van Suid-Afrika Pacaltsdor­p (UCSSA) wat ‘n geestelike en godsdienst­ige boodskap gelewer het, het gesê Urwin da Silva het met sy lewe gewys daar is hoop. Hy het baie gehelp en onder meer Pacaltsdor­p platgery om mense van diens te wees. As al die kilometers op sy bakkie (voertuig) kon praat, sou dit vertel het van Pacaltsdor­p en die see.

Blanche Benjamin, voorsitter van Gwaiingriv­ier-aksiegroep, het gesê die reis eindig nie met sy dood nie. Dis net ‘n ander roete. Hy het baie gedoen vir menseverho­udinge en kon mense bymekaar bring.

Lizette da Silva, skoondogte­r, het almal namens die familie bedank vir hul ondersteun­ing en hul woorde van bemoedigin­g.

Na die geleenthei­d het verteenwoo­rdigers van sportkodes ‘n erewag gevorm terwyl die kis met sy liggaam na die lykswa gedra is. ‘n Privaatver­assing word vandag gehou.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die kis van wyle Urwin da Silva word na sy huis gedra waar die begrafnis gehou is.
Foto: Eugene Gunning Die kis van wyle Urwin da Silva word na sy huis gedra waar die begrafnis gehou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa