George Herald

Geen pad, geen area kan lewens neem

-

Anton Meyer:

Sprake dat seker klaarblykl­ike “gevaarlike” paaie toegemaak moet word, het betrekking. Daar gebeur baie ongelukke in Outeniquap­as, veral wanneer dit reën en nat is. Maak die pad toe, dis ‘n gevaarlike pad.

Daar spring baie persone van die Van Stadens-brug af. Maak die pad na PE toe oor die brug, dis ‘n gevaarlike pad daardie.

Daar is daagliks baie highjackin­g op die N2-pad in Kaapstad. Maak die pad toe, dis ‘n gevaarlike pad.

So ook nou met Voëlklip...

Geen pad, geen area kan mense se lewens neem. Mense kies self om hul lewens te neem. As dit hul wil is, sal enige area, enige pad, daarvoor gebruik word. Dan kan daar net sowel geredeneer word, dat voertuie verban moet word omdat dit gebruik word vir ‘n selfmoord-medium.

Vir meer as 40 jaar, gaan ek na Voëlklip, eers saam met my ouers en skoolmaats destyds en in nou ook gereeld. Dit is ‘n baie mooi deel van die Tuinroete, met 'n asemrowend­e uitsig en skoon seelug. In my skooldae het mense al daar afgery, niks het verander aan die pad of die area.

Ek verstaan nooit die eenparige selfsugtig­e houdings van “mense”/owerhede, om ‘n pad te wil toemaak, omdat dit gevaarlik is. Wat van die ANDER kant van die storie, die mense wat die pad wel geniet en die area graag besoek.

Nou moet ons, omdat minder as ‘n ½% (indien so baie) van hierdie dorp se inwoners, die Voëlklip-pad gebruik as hul laaste tuiste, ook ly daaronder omdat die pad dalk toegemaak gaan word.

‘n Pad, ‘n brug, kan niemand se lewe neem, ‘n persoon kies self om sy lewe te neem. Hierdie punt kan nutteloos geredeneer word, ek sien net geen konstrukti­ewe doel om die mooi dele van ons dorp, te sluit vir die inwoners wat wel hierdie areas/paaie geniet.

Indien die hele dorp se inwoners ‘n regverdige kans het en kan stem daaroor, glo ek ‘n kworum sal bereik word ten gunste van die pad oop hou, soos dit al vir baie jare is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa