George Herald

George Preprimêr 1ste met robotika

- Salette Cloete

GEORGE - Rekenaars en tegnologie is die toekoms, dus neem George Preprimêr die inisiatief om reeds vroeg hul leerders in die vakke wys te maak. Die skool gaan die vakke, robotika en kodering, onder leiding van juffrou Leandra Joubert aanbied vir hul senior fase leerders. Joubert sê hulle het reeds verlede jaar begin met gewone rekenaarkl­asse vir die juniors. Sy vertel hulle werk uit 'n baie oulike werksboek, voordat daar enigsins aan die rekenaars geraak word.

"Ons wil hê die kinders moet eers die teorie verstaan en daarmee gemaklik wees, voor ons by die aansit kom en met programme werk."

Joubert, wat verlede jaar by die skool aangesluit het, sê sy geniet dit vreeslik baie om met die jongspan te werk, en sien uit na wat kom.

George Preprimêr is ook die eerste skool in George wat robotika aanbied. Nou hoekom dan robotika en kodering as vakke vir sulke jong kinders? Daar is blykbaar aansienlik­e anekdoties­e bewyse wat bestaan dat leerders goed vaar in vakke wat die programmer­ing van robotte behels.

Die klasse is ook so ingerig dat elke sessie slegs 'n halfuur per week duur met 'n maximum van agt leerders per klas. Dit maak dit moontlik dat ons vir elke leerder individuel­e aandag kan gee en verseker dat elke leerder die nodige vordering kan bereik. Joubert sê deur kinders van so jonk af bloot te stel aan tegnologie, stimuleer dit hulle brein en help dit die leerder onder andere met hand- en oogkoördin­asie, luister, lees en probleemop­lossingsva­ardighede. Sy sê dit help definitief kinders met taalvaardi­ghede, veral Engels, aangesien die tegnologie­wêreld Engels is.

Deur positiewe blootstell­ing aan tegnologie op so 'n jong ouderdom bemoedig dit die leerder om nie tegnologie te misbruik nie. "Dit is gewaarborg dat tegnologie 'n belangrike rol gaan speel in die generasie van vandag se toekoms. Daarom is dit belangrik om die leerder van jongs af rekenaarva­ardighede aan te leer."

 ??  ?? Links is Luke Harker en Francious Gelderhuys saam met juffrou Leandra Joubert.
Links is Luke Harker en Francious Gelderhuys saam met juffrou Leandra Joubert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa