George Herald

Sonica onder top-3 in land

- Salette Cloete

GEORGE - Een van die land se topmatriku­lante is hier van George. Sonica Roux (18), 'n oud-Kwagga, het derde beste presteer vir kwintiel 5-skole in die land.

Sy moes verlede jaar nes duisende ander matrikulan­te, in die middel van die Covid19-inperking, haar eindeksame­n aflê. Sonica vertel haar motivering lê daarin dat sy 'n baie gedrewe persoon is en altyd probeer om haar volle potensiaal te bereik in alles wat sy doen.

"My ouers het my van kleins af geleer om hard te werk en alles in die lewe voluit aan te pak," vertel sy.

Sy het ook die eer gehad om Maandag as een van die provinsie se topprestee­rders, die minister van onderwys, Debbie Schäfer, se jaarlikse funksie by te woon. Sy vertel dit was 'n opwindende dag. "Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie. Ek voel baie geskok, maar baie dankbaar vir die prys wat ek ontvang het."

Oor die eindeksame­n sê Sonica, "Ek het orraait geskryf, maar nie na enige vraestelle gevoel dat dit besonders maklik was nie."

Sy glo ook dat dit gehelp het dat sy haar tyd goed bestuur het. Sy vertel sy het dadelik begin werk wanneer sy tuis gekom het, sodat sy die aand voor 'n vraestel kon ontspan en vroeg in die bed kon kom."

Haar boodskap vir die matrieks van 2021 is, werk hard van die begin af. "Doen jou skoolwerk so effektief as moontlik, sodat jy tyd het vir sport, kultuur en ontspannin­g saam met familie en vriende. Goeie balans is die sleutel tot sukses!"

 ??  ?? Sonica is aangewys as die derde beste presteerde­r vir kwintiel 5-skole in die land.
Sonica is aangewys as die derde beste presteerde­r vir kwintiel 5-skole in die land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa