George Herald

Mond- en Voetskilde­rs bly oop

- Eugene Gunning

GEORGE - Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs, se deure bly oop. Hulle het hulle onlangs by 'n nuwe perseel in Knysnaweg ingetrek en is optimistie­s oor die toekoms.

George Herald het op 10 September verlede jaar berig dat die organisasi­e 'n onseker toekoms in die gesig staar. Die organisasi­e was onder groot finansiële druk as gevolg van die Covid-19-inperkings­maatreëls en daar was selfs sprake dat hulle sou sluit.

Die organisasi­e se hoofkantoo­r is in George. Dis 'n nie-regeringso­rganisasie (NRO) en die skilders van die organisasi­e is baie afhanklik van die inkomste wat hulle uit die verkoop van hul kunswerke en ander produkte verdien.

Patrick Botto, een van die organisasi­e se 27 gestremde skilders, het by navraag gesê hulle is baie opgewonde oor hul nuwe winkel in die Precap-sentrum. "Ons het nie gesluit nie. Ons is nou net by 'n nuwe perseel en dis besigheid soos gewoonlik."

Volgens hom was dit moeilike tye verlede jaar. "Ons het baie geleer uit die situasie en is baie dankbaar vir mense se hulp en bystand. Opgee was nooit 'n opsie nie, want daar is te veel op die spel. Hier waar ons nou is, is ons meer sigbaar en ons is baie dankbaar vir die gebou-eienaars vir 'n billike huur."

Belinda de Klerk, administra­tiewe hoof van die organisasi­e, het gesê dit gaan beter. Sy het bygevoeg: "Dis nog nie alles 100% nie. Ons gaan letterlik van maand tot maand. Ons moet fondse genereer om aan die gang te bly. Die fokus is nou die winkel en markte soos byvoorbeel­d 'n stalletjie by die Garden Route Mall.

"Die Here het regtig mense op ons pad gebring wat gehelp het." Die organisasi­e het geen hulp van buite instansies ontvang nie. "Dit was individue en lede van die publiek wat na vore gekom het om te help."

Hulle moes aanpassing­s maak en van die toerusting moes verkoop word om kop bo water te hou.

Volgens haar was daar tye wat hulle bietjie moedeloos was. "Patrick het positief gebly en sy positiwite­it het ons hierdeur gehelp."

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by
Patrick Botto (voor) en Belinda de Klerk (agter) van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs. Hier wys hulle van die kunswerke wat deur Botto gemaak is en toe afgedruk is op produkte.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video by Patrick Botto (voor) en Belinda de Klerk (agter) van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs. Hier wys hulle van die kunswerke wat deur Botto gemaak is en toe afgedruk is op produkte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa