George Herald

Uitstekend­e diens van vuurwapen beamptes by George SAP D

-

Anton Meyer, George:

Deur al meer as 30 jaar direk betrokke te wees by vuurwapens het ek al baie stories en staaltjies gehoor, sommige goed, sommige minder goed. Ek het al baie ondervindi­ngs gehad wat jou laat lag, maar sommige, wel, traantrekk­erig - vir seker.

Hoe baie hoor ek nie van hoe groot moeite dit is om vir ‘n vuurwapenl­isensie of hernuwing aansoek te doen nie, hoe moedeloos is mense, en so aan.

Almal gaan deur dieselfde proses van keuring en aanvaardin­g.

Dit is die individu se verantwoor­delikheid om te sorg dat alle bygaande dokumente die aansoek vergesel. ‘n Volledige aansoek maak jou saak soveel sterker en makliker. Jou plaaslike polisiekan­toor hanteer jou vuurwapena­ansoek en daarna word dit gestuur na die CFR in Pretoria vir verwerking en goedkeurin­g.

Ek wil graag die George SAPD se span vuurwapen beamptes bedank vir hul puik, hulpvaardi­ge, vriendelik­e, doelgerigt­e diens. Soos altyd was dit maar net weer ‘n plesier om met julle te deel.

Bruwer, Geraldine, Kassie, Barnard,

Jackie - ná meer as 35 jaar diens in die SAPD, is julle puik, passievoll­e diens ‘n sterk voorbeeld vir jul juniors en ek hoop van harte hulle leer uit jul goeie, effektiewe dienslewer­ing wat julle met ‘n glimlag verrig.

Hou die kwaliteit van jul werk van so 'n hoë gehalte.

Dit is regtig ‘n riem onder die hart om in vandag se deurmekaar wêreld nog sulke goeie diens te kry. Ek het groot waardering daarvoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa