George Herald

Redline spring in binnebaan weg

- Jannie Meyer

GEORGE - Span Redline wat in die vorige reeks nie hul titel suksesvol kon verdedig nie, loop nou vanuit die staanspoor los voor in die Assupol Besigheids­liga van die Outeniqua-rolbalklub.

Nou kom hulle vanaand (Donderdag) teen Kommaweer Stoffeerde­rs te staan wat hul lippe aflek vir die eerste plek. Beide spanne het belowe dat daar geen genade in die wedstryd gaan wees nie.

Wildcats, een van die groentjie-spanne, beklee die derde plek en kom teen Skubbe te staan. Die 24 spanne wat ingeskryf het, het getoon dat hulle daarna uitgesien het om weer sosiale rolbal te speel. Die ervare spanne sowel as die groentjies het duidelik getoon dat hulle die spel baie geniet deur spanlede luidkeels aan te moedig.

Die wedstryde begin om 18:00 met die prysuitdel­ing wat teen ongeveer20:00 volg.

Die wedstryde word op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg,

Heatherpar­k, gespeel.

Uitslae

1 Redline 14; 2 Kommaweer Stoffeerde­rs

12; 3 Wildcats 12; 4 Skubbe 12; 5 Accidental Bowlers 11; 6 Ricoh 11; 7 Ou Rollers 11; 8 Butz & Gutz 11; 9 Die Bou-lers 11; 10 Bowling Stones 10; 11 Balls of Fury 8; 12 Coastal Relax 8; 13 Fireballs 8; 14 Mustangs 8; 15 Kloppers 6; 16 Kingearls 5; 17 KTV 5; 18 SB 5; 19 Assupol Bowlers 5; 20 SP Legal 5; 21 Jack & 3 Jills 4; 22 Creatives 4; 23 Just Property 4; 24 Vanniepada­f 2.

Beide spanne het belowe dat daar geen genade in die wedstryd gaan wees nie.

Wedstrydly­s

Redline t Kommaweer Stoffeerde­rs; Wildcats t Skubbe; Accidental Bowlers t Ricoh; Ou Rollers t Butz & Gutz; Die Bou-lers t Bowling Stones; Balls of Fury t Coastal Relax; Fireballs t Mustangs; Kloppers t Kingearls; KTV t SB; Assupol Bowlers t SP Legal; Jack & 3 Jills t Creatives; Just Property t Vanniepada­f.

 ??  ?? Span Kommaweer Stoffeerde­rs wat in die voorlopers se nekhare blaas en vanaand teen hulle te staan kom, se lede is van links: Karel Alberts, Nelius du Toit, Godfried Rheeder en Kobus Barnard.
Span Kommaweer Stoffeerde­rs wat in die voorlopers se nekhare blaas en vanaand teen hulle te staan kom, se lede is van links: Karel Alberts, Nelius du Toit, Godfried Rheeder en Kobus Barnard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa