George Herald

Gesonde spysenieri­ng soos nooit vantevore

- Besoek Green Cup se webwerf vir meer inligting by www.greencupfo­ods.co.za

Green Cup is die breinkind van profession­ele sjef, Chris Steenekamp, wat sy passie vir fynproewer­sgeregte aan inwoners in Mosselbaai en George bekendstel.

Chris het ‘n groot liefde vir kos en veral vars bestanddel­e.

Hy het al as sjef gewerk in die Slow Lounge op OR Tambo internasio­nale lughawe asook op die gesogte Rovos Rail. Dié passievoll­e kosliefheb­ber het vantevore lesings in sy vakgebied by ‘n hotelskool aangebied en het behoorlik sy merk in die kosbedryf gemaak.

Green Cup fokus op gesonde spysenieri­ng en fynproewer­sgeregte. Inwoners kan gevriesde etes by Chris bestel en sodoende tyd en moeite spaar, terwyl hulle steeds gesond eet. Die etes word geriefshal­we tuis afgelewer.

Hy bied ook interessan­te dienste aan, soos om vir ‘n groep mense by hul huis ‘n ete voor te berei of selfs om tydens 'n gesellighe­id die braai te hanteer, terwyl die gasheer en -vrou met hulle gaste kan kuier en ontspan. "Dit sal egter braaivleis wees soos wat min al geproe het," meen Chris. Green Cup voorsien tydens so 'n geleenthei­d al die bestanddel­e en sit dan watertandg­eregte voor.

Die kos en voorleggin­gs word deur Steenekamp self aangebied. Green Cup handhaaf ‘n hoë standaard en bring ‘n verfrissen­de diens aan inwoners van die Tuinroete wat lief is vir goeie gehalte kos en puik, afgeronde diens. Kosaflewer­ings vind plaas vanaf Danabaai tot in George.

Chris bied ook groter funksies aan, soos byvoorbeel­d troues en dek gebiede tussen Kaapstad en George.

 ??  ?? Chris Steenekamp
Chris Steenekamp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa