George Herald

Georgiete help honger KZN

- Eugene Gunning

Plaaslike inwoners, sakeondern­emings en instansies maak hul harte oop vir mense in KwaZuluNat­al en Gauteng wat in nood verkeer as gevolg van die plundery wat verlede week voorgekom het. Winkelrakk­e in veral KZN is leeg en bydraes vir die geweldgete­isterde provinsie se inwoners stroom in. ‘n Besending van George is vroeg Woensdagog­gend, 21 Julie, na KZN geneem.

Ds. Attie Stander, leraar van die NG kerk Bergsig, het gesê die gemeente is aangegryp deur beeldmater­iaal op TV wat wys hoe mense in lang toue wag vir kos.

Die gemeente het kontak gemaak met kerke in Pietermari­tzburg en gevra hoe hulle kan help. Kos en bydraes word in George ingesamel en dan gekanalise­er na dié kerke.

Die gemeente is ook betrokke by ‘n jaarlikse Msinga-uitreikaks­ie - ‘n gemeente onder druk tussen Dundee en Ladysmith in KZN. Fondse word oorgeplaas na die leraar by Msinga sodat hy kos kan koop.

Die Bergsig-gemeente is self verantwoor­delik vir die brand*stofrekeni­ng sodat die kos en ander items na KZN vervoer kan word.

Dit beloop op die stadium sowat R30 000.

As daar kos en ander items oorbly, sal dit na die Garden Route Food Pantry (GRFP) geneem word.

Bydraes vir KZN sluit in geld, kos vir mense en diere, sowel as toiletbeno­dighede.

“Ons doen dit, want dit is wat Jesus gedoen het. Jesus was betrokke by mense in nood,” sê Stander.

Stander het onlangs eers uit Mpumalanga in George aangekom. “Die steun uit die plaaslike gemeenskap is ‘n riem onder die hart.”

Hy het benadruk dat die hulpverlen­ingsprojek bestaan uit interkerkl­ike samewerkin­g. Bydraes is ontvang van oor die breë gemeenskap.

Kosspens

Carl van Blerk, stigter en besturende direkteur van die Garden Route Food Pantry (GRFP), sê Triton Express het ingestem om die voedsel vir hulle te vervoer.

Meer as vier ton is reeds ingesamel. Die publiek het ‘n half ton geskenk terwyl Afrishore in Mosselbaai ‘n ton kos geskenk het. Bydraes is ook ontvang van instansies in Mosselbaai en Riversdal.

Die eerste vrag het Woensdag 21 Julie vertrek en as daar steeds ‘n behoefte is, sal nog ingesamel word. Mense kan skenkings aflewer by die GRFP in Glazestraa­t in George. Hulle moet dit duidelik merk KZN.

Van Blerk sê GRFP voel geroepe om KZN te help, want tydens die verwoesten­de brande in Knysna in 2017 en in George in 2018, het mense van regoor Suid-Afrika hulp aan die Tuinroete verleen.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Kos en ander items word Dinsdagmid­dag verpak by NGK Bergsig. Ds. Attie Stander staan in die middel, links.
Foto: Eugene Gunning Kos en ander items word Dinsdagmid­dag verpak by NGK Bergsig. Ds. Attie Stander staan in die middel, links.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa