George Herald

Rowers buit kontant

- Kristy Kolberg

Die polisie is op soek na twee verdagtes ná ‘n gewapende roof by ‘n finansiële dienste ondernemin­g in Nelson Mandelabou­levard om 09:15 op 19 Julie.

Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê ‘n man gewapen met ‘n vuurwapen het die perseel binnegekom en die klaagster met die agterkant van die vuurwapen aangerand. “Hy het haar na die agterkant van die perseel geneem en haar met die geweer gedwing om die kluis oop te maak en kontant te oorhandig.” Intussen het ‘n tweede man, gewapen met ‘n skerp voorwerp, ingekom en die kontant gevat.

Dié verdagte was geklee in ‘n blou denimbroek en maroen Vans-tekkies.

“Hulle het ook elektronie­se toerusting geneem voordat hulle gevlug het. Ons doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om ao. Clive Papers by 044 803 3301 / 073 577 1998 of Stop Misdaad by 08600 10111, te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê Pojie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa