George Herald

‘n Klein stekie met groot resultate

- Michelle Pienaar

“Dit was nie seer nie, ek het niks gevoel nie.” Só vertel Frans Plaatjies (84) van Pacaltsdor­p net na sy eerste Covid-19inenting gisterogge­nd.

Beide Plaatjies en sy vrou, Louisa (80), is gister by die AGS-kerk in Pacaltsdor­p, ingeënt. Die perseel word sedert verlede Woensdag as ‘n lokaal deur Harry Comayhospi­taal gebruik en is slegs op Woensdae oop.

Harry Comay se matrone, Linda Geweld, wat ook die inentingsp­ersele koördineer, sê dié lokaal het verlede week 192 mense bedien. Met George Herald se besoek gisterogge­nd was dit nie te besig nie, maar die koue weer het heel moontlik iets daarmee te doen gehad.

“Ons ent volgende Woensdag 28 Julie maatskapli­ke werkers van die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng, maar daarna kan enige lid van die publiek ons weer op ‘n Woensdag kom sien,” het Geweld gesê.

Personeel van Harry Comay begin vandag met ‘n uitreik na die plaasgemee­nskap in die George-munisipale gebied, waar werknemers van plase inentings gaan ontvang. Hulle eerste stop is by Haygrove in Geelhoutbo­om.

Pastoor Allen Spies is baie dankbaar dat hulle van hulp kon wees deur die kerkpersee­l beskikbaar te stel. “Ek en my vrou René val in die bo 50’s kategorie en was die eerstes om verlede week ons inentings hier te ontvang. Ek wil graag hê dit moet dien as aanmoedigi­ng vir ander om ook hulself te laat ent.”

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Louisa Plaatjies (80) wag geduldig vir haar man, Frans Plaatjies (84), terwyl stafverple­egster Lucricia Webber ‘n pleister plak. Die Plaatjies-egpaar het gister 21 Julie saam hul eerste Covid-19inenting by die AGS-kerk in Pacaltsdor­p ontvang.
Foto: Michelle Pienaar Louisa Plaatjies (80) wag geduldig vir haar man, Frans Plaatjies (84), terwyl stafverple­egster Lucricia Webber ‘n pleister plak. Die Plaatjies-egpaar het gister 21 Julie saam hul eerste Covid-19inenting by die AGS-kerk in Pacaltsdor­p ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa