George Herald

Skietvoorv­al in Hoopstraat

- Kristy Kolberg

Een persoon is dood en twee in aanhouding ná ‘n skietvoorv­al by ‘n huis in Hoopstraat verlede Woensdag, 14 Julie.

Met die polisie se aankoms om 12:00 die middag het hulle Rico Basson Cummings (34) op die vloer aangetref. Hy het ‘n skietwond aan sy bolyf opgedoen. Die slagoffer is na die hospitaal geneem, maar is Maandag 19 Julie dood.

‘n 9 mm-pistool met ammunisie is in die besit van twee verdagtes op die toneel gevind en hulle is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ‘n ongelisens­ieerde vuurwapen en ammunisie. “Hulle staan op die stadium tereg op aanklag van poging tot moord,” sê Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies. Dit is nog nie duidelik wat presies die oorsaak van sy dood was nie.

Albei verdagtes bly in aanhouding ná hulle op Vrydag 16 Julie in die Georgeland­droshof verskyn het. Die polisie kon egter nog nie hul identiteit­e bevestig nie. Hulle verskyn weer op 22 Julie vir ‘n formele borgtogaan­soek.

Dwelms in Lawaaikamp

Omstreeks 22:30 dieselfde aand, is die polisie na ‘n huis in Lawaaikamp ontplooi waar daar op 780 Mandrax-tablette beslag gelê is. Die beraamde straatwaar­de van die dwelms is sowat R40 000. Twee verdagtes, ‘n 26-jarige man en ‘n 25-jarige vrou, is op die toneel in hegtenis geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa