George Herald

Kospakkies in tyd van nood

-

Die Conville-gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF), in samewerkin­g met verskeie buurtwagte in die omgewing, het onlangs kospakkies in hul omgewing uitgedeel. Volgens Conville-GPF se Wilken Wiltshire het hulle besef dat daar ‘n werklike behoefte vir voedsame kos in hul omgewing is.

“Verál in die tyd en veral vir die mense wat hulle werk verloor het,” sê hy.

Met behulp van skenkings kon hulle onlangs ‘n paar pakkies kos bymekaarma­ak en onder inwoners in Parkdene, Borcherds, Conville, Proteapark en Rosemoor op Saterdag 17 Julie versprei.

Besighede wat betrokke wil raak in hierdie inisiatief word genooi om Christo Alexander by 065 650 6774 of Fadley Fortuin by 082 413 4365 te kontak.

 ??  ?? Read the full article at
The young ones couldn’t believe their eyes, or their luck.
Read the full article at The young ones couldn’t believe their eyes, or their luck.
 ??  ?? Die Conville-GPF en buurtwagle­de het onlangs kospakkies in die omgewing uitgedeel.
Die Conville-GPF en buurtwagle­de het onlangs kospakkies in die omgewing uitgedeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa