George Herald

Van Pacaltsdor­p tot Tokio

- Eugene Gunning

Van Pacaltsdor­p tot Tokio. Dit is deel van die atletiekpa­d van Elroy Gelant

(34), maratonatl­eet, wat Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Tokio, Japan verteenwoo­rdig.

Hy vertrek op Dinsdag 27 Julie na Japan. Gelant kom oorspronkl­ik van Pacalts-dorp en was op skool by Pacaltsdor­p Primêr en later Hoërskool Outeniqua. Sy ouers, Steven en Yvonne Gelant, woon steeds in Pacaltsdor­p.

Gelant, wat deesdae in Potchefstr­oom woon en werk, het nieteensta­ande ‘n druk program tyd ingeruim om met George

Herald te praat.

Hy het ‘n goeie idee wat in Tokio wag, want hy het reeds in 2016 aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deelgeneem. Hy het die eindronde van die 5 000 m gehaal en teen die destydse groot name in die afdeling meegeding. “Dit was ‘n goeie ondervindi­ng. Vir ‘n outjie van Pacaltsdor­p was dit ‘n groot ervaring en belewenis om teen die groot name te hardloop.”

Sy wortels sal hy nie vergeet nie. By Pacaltsdor­p Primêr het onder meer George de Reuck hom gehelp met afrigting en by Outeniqua, Gerhard Gibson.

Al is dit die keer die maraton, weet hy wat wag by ‘n Olimpiese Spele. Hy is redelik goed voorbereid en dit is deel van vier jaar se voorbereid­ing. Die maraton vind op die laaste dag van die Spele plaas. Dit begin om 07:00 Japanese tyd, dit sal dan middernag in Suid-Afrika wees. Hy verwag ‘n taktiese wedloop.

“Dis soos ‘n skaakwedst­ryd. As jy die regte skuif op die regte tyd maak, kan dit in jou guns tel.”

Gelant sien uit na die geleenthei­d en hy is baie optimistie­s. “My oefensessi­es het baie goed gegaan.”

Geen toeskouers word toegelaat nie. “Ons moet aanpas by die veranderin­ge. Die man wat beter aanpas, sal waarskynli­k beter doen.”

Hy het benadruk dat George hom nog na aan die hart lê. Hy het onlangs ‘n eiendom hier gekoop. “My voetspore is in George.”

Dis om atletiekre­des dat hy na die noordelike deel van die land verhuis het. “Huis bly huis en dit is in George.”

Elroy se ouers sê...

Steven, Elroy se pa, het gesê hy het al van vierjarige ouderdom in hardloop belanggest­el. “Ons het om die huis gehardloop en gekyk wie is eerste aan die ander kant.”

Op skool het hy begin meeding en van kleins af gewys hy beskik oor vasbyt. Hy het selfs een keer met ‘n doring in sy voet gehardloop. Hy het ‘n bronsmedal­je gewen en ook ‘n nuwe SWD-rekord in sy afdeling opgestel.

Yvonne, sy ma, het gesê as kind het hy hard geoefen. Hy was stil en nederig. “Ons is baie trots op hom en hoop hy doen goed by die Olimpiese Spele.”

 ??  ?? As klein skoolseunt­jie hardloop Elroy Gelant vir Pacaltsdor­p Primêr.
As klein skoolseunt­jie hardloop Elroy Gelant vir Pacaltsdor­p Primêr.
 ??  ?? Elroy Gelant
Elroy Gelant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa