George Herald

Emmaüs benodig jou hulp

- Alida de Beer

Emmaüs-werksentru­m het groot finansiële verliese gely weens die Covid-19-inperkings.

Die sentrumhoo­f, Elsabe Badenhorst, sê hulle het 'n groot verlies aan inkomste gehad omdat geldinsame­lings nie kon realiseer nie en die vergaderin­gs en groepe wat gereeld van hul fasiliteit­e gebruik gemaak het, kon nie bymekaarko­m nie. Tydens die pandemie is die sentrum se subsidie ook twee keer gesny.

Met die vloede in November het nog 'n slag hulle getref toe groot waterskade aangerig is. "Herstelwer­k aan die gebou is tans aan die gang. As ons nie versekerin­g gehad het nie, weet ek nie wat ons sou gedoen het nie."

Daar is baie noodsaakli­ke uitgawes soos onderhoud en versekerin­g waarop nie gesny kan word nie, dit maak dit 'n uitdaging om die begroting te laat klop, maar Badenhorst sê hulle begin nou weer herstel. Dagwerkers is weer terug by die sentrum en aktiwiteit­e is in volle gang.

2 winkels is oop

Die publiek word genooi om die Emmaüs-winkel te besoek waar besondere houtwerk en handwerk te koop is wat deur die werkers vervaardig word. Die winkel is daagliks in die week oop. Daar is ook 'n tweedehand­seklerewin­kel wat Dinsdae en Woensdae oop is en goeie winskopies bied.

Nuwe idees, geriefskos­se en afval

"Verskeie nuwe idees word in die werkswinke­ls uitgetoets en die publiek is welkom om die sentrum te besoek om te kom kyk wat gedoen word," sê Badenhorst.

Die Emmaüs-kombuis het begin met die maak van kosse soos sop, bobotie en lasagne, asook kaasskons wat alles gevries kan word. Die maandeliks­e manne-afvalaand wat weens Covid 'n deurry-afvalaand geword het, is tans oopgestel vir mans en vroue. Dit word die eerste Dinsdagaan­d van die maand gehou.

Emmaüs het ook 'n koekiedeeg­projek waar die publiek 1 kg gevriesde deeg vir R60 kan koop.

Dankie vir publiek wat woeker

Die sentrum is dankbaar vir pogings van lede van die publiek wat ten bate van Emmaüs woeker, soos 'n leerder van Glenwood College, Michael Melville wat uit eie inisiatief mansklere vir die sentrum ingesamel het, en BMW se personeel wat 'n blikkiesko­sinsamelin­g gehou en die kos saam met kontant geskenk het. PKF het ook 'n groot geldinsame­ling op Mandeladag gehou waar hulle in spanne meegeding het om Emmaüsprod­ukte te verkoop.

Kersmark in Desember

Die sentrum se gewilde jaarlikse Kersmark word vanjaar op 3 Desember gehou. 'n Baie groot fees word beplan met al die gebruiklik­e items wat die mark uniek maak weer op die tafels - vleis, groente, poeding en die baie interessan­te handwerk en houtwerk.

Persone wat wil help met geldinsame­ling of donasies kan gee, kan die sentrum bel by 044 873 4196.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa