George Herald

Om te huil of nie te huil

-

Families Suid-Afrika (Famsa)

Outeniqua begin hierdie maand met ‘n bewusmakin­gsveldtog oor die belangrikh­eid van trane en huil, asook hoe om na jou geestesges­ondheid om te sien. Hierdie is die eerste artikel in ‘n reeks wat oor die volgende paar weke in George Herald en aanlyn by www.georgehera­ld.com gaan verskyn.

“Mense ervaar emosies. Mense ervaar verlies en trauma. Trane is ‘n positiewe, veilige en gesonde manier om hierdie uitdagings te hanteer. Ten spyte hiervan, voel ons nie gemaklik om te huil nie, veral nie in ander se geselskap nie. Ons hou dit terug of ons verskoon onsself dat ons emosie toon. Dit het wel ‘n negatiewe uitwerking op ons welstand, hantering, stresvlakk­e en verhouding­s,” sê Famsa Outeniqua se direkteur, Nicolette Buitendag.

Sy sê hulle kom dikwels hierdie mites in hul kantoor teë en sien die negatiewe effek van mense wat trauma probeer hanteer sonder ‘n positiewe uitlaatkle­p. Só verval mense in selfvernie­tigende gedrag om te kan oorleef. Die rimpeleffe­k hiervan is besig om die samelewing te verander.

“Ek weet ‘n man is nie veronderst­el om te huil nie,” lui die liriek van ‘n gewilde liedjie, “maar hierdie trane kan ek nie binne hou nie”.

Volgens Buitendag som dié woorde menige man se dilemma oor emosionele uitdrukkin­g bondig op. “Van vroeg af word vir seuns gesê dat regte mans nie huil nie. Wanneer hierdie seuns grootword, kan hulle hul gevoelens diep wegbêre en emosioneel onttrek van hul geliefdes, of selfmedike­er met alkohol, dwelms en selfs selfdood oorweeg. Baie mans moet dus die vaardighed­e leer hoe om weer met hul emosies in aanraking te kom.”

“Dis reg om te huil. Dit kan selfs vir jou voordelig wees. As jy die behoefte het om te huil, moenie jou trane terughou nie. Trane is ‘n normale, gesonde manier om emosie uit te druk. Soos ons water gebruik om ons buite skoon te maak, is trane die water wat ons van binne skoon was,” sê sy.

Huil is ‘n belangrike veiligheid­sklep, hoofsaakli­k omdat die onderdrukk­ing van moeilike gevoelens - wat sielkundig­es onderdrukk­ende hantering noem - sleg kan wees vir ons gesondheid.

Buitendag verduideli­k studies toon dat onderdrukk­ende hantering aan ‘n minder veerkragti­ge immuunstel­sel, kardiovask­ulêre siektes en hipertensi­e, sowel as met geestesges­ondheidsto­estande, insluitend stres, angs en depressie, gekoppel kan word. Daar is ook getoon dat huil gehegtheid­sgedrag verhoog en nabyheid, empatie en ondersteun­ing van vriende en familie aanmoedig.

“Hoe uitdagend dit ook al mag wees, die beste manier om moeilike gevoelens te hanteer, insluitend hartseer, is om dit te omhels. Dit is belangrik om jouself toe te laat om te huil as jy so voel. Maak seker dat jy die tyd neem en ‘n veilige plek kry om te huil as jy moet. Baie mense assosieer huil tydens hartseer met depressie, wanneer dit eintlik ‘n teken van genesing kan wees. Om seuns en jong mans te leer dat dit goed is om te huil, kan negatiewe gesondheid­sgedrag verminder en hulle help om voller lewens te hê. As jy trane as ‘n teken van swakheid sien, hou jy dalk nie daarvan om te huil nie, want jy wil vermy om ‘n indruk van hulpeloosh­eid te skep. Almal het ‘n paar kwesbare punte en daar is niks verkeerd om dit van tyd tot tyd te wys nie,” beklemtoon Buitendag.

Volgende week kyk ons verder na die voordele van trane en huil.

Famsa Outeniqua lewer beradingsd­ienste aan die gemeenskap van George. Kontak hulle by 044 874 5811 vir afsprake.

 ?? ?? Trane is ‘n normale, gesonde manier om emosie uit te druk. Soos ons water gebruik om ons buite skoon te maak, is trane die water wat ons van binne skoon was.
Trane is ‘n normale, gesonde manier om emosie uit te druk. Soos ons water gebruik om ons buite skoon te maak, is trane die water wat ons van binne skoon was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa