George Herald

Jong Arende kyk vorentoe

- Eugene Gunning

Ofskoon die SWD o.21-span, oftewel die Jong Arende, ongelukkig Saterdag 27 Augustus hul wedstryd teen die Valke in Brakpan met 36 27 verloor het, is die span nie in sak en as nie.

Die komende naweek is ’n afnaweek vir die span en hul volgende wedstryd is op 10 September teen OP in Gqeberha. Dit gee hulle geleenthei­d om eers bietjie te besin.

Saterdag was die span se tweede wedstryd in SA rugby se o.21skildree­ks. Die Jong Arende het eers Saterdagog­gend na Gauteng vir die wedstryd gevlieg. In die eerste helfte het dit nog goed gegaan en teen rustyd was die Jong Arende nog voor.

In die tweede helfte het die span aanvanklik goed gehou, maar later ‘n insinking beleef. Die Valke het in die laaste tien minute twee keer agter die doellyn gaan kuier en die wedstryd met twee vinnige drieë beklink.

Gerwyn Alexander, afrigter van die Jong Arende, het Maandag 29 Augustus gesê die span is teleurgest­eld. “Ons kon die wedstryd gewen het en was vir die grootste deel in beheer. Die telbord het daarvan getuig.”

Volgens hom was die laaste tien minute die doodskoot. Die span soek nie verskoning­s nie. Die lugdruk kon dalk wel ‘n rol gespeel het.

Die nederlaag is egter nie die einde van die wêreld nie. Daar is nog drie wedstryde oor waarvan twee tuiswedstr­yde is. “Die spelers is nog besig om mekaar te vind en dit kan beter vorentoe gaan.”

Die span het onlangs sy eerste wedstryd in die reeks teen die Pumas gewen.

Die reeks word op dieselfde basis as die Curriebeke­rreeks beslis. Daar word net een ronde wedstryde gespeel. Daar is ook ‘n halfeindro­nde en ‘n eindronde. Benewens die SWD en die Pumas speel die Griffons, OP, Griekwas en die Valke ook in die reeks.

 ?? ?? Die SWD en Valke o.21-spanne Saterdag 27 Augustus in Brakpan in aksie. Die Valke het 36 - 27 gewen.
Die SWD en Valke o.21-spanne Saterdag 27 Augustus in Brakpan in aksie. Die Valke het 36 - 27 gewen.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa