George Herald

Bos van onheil op brandskedu­le

- Michelle Pienaar

'n Groot stuk grond, wat inwoners van Delvillepa­rk kopseer gee, gaan in die nabye toekoms gebrand word as deel van die munisipali­teit se beplande skedule tydens brandseiso­en.

'n Inwoner van Delvillepa­rk, Archie

Stripp, het sy kommer uitgespree­k oor die beboste area wat grens aan Corporatio­nen Lynxstraat. Volgens hom skep die area geweldige probleme met haweloses wat in die bosse slaap.

"My huis en ander woonhuise grens aan hierdie gebied. Misdaad het toegeneem en ons is sagte teikens vir boosdoener­s," het Stripp gesê.

Munisipale woordvoerd­er Chantèl Edwards het by navraag gesê die area is groot en ontoegankl­ik vir 'n trekker, weens die welige plantegroe­i en rommel wat in die gebied gestort is.

"Ons parkeafdel­ing het onlangs die area saam met George-brandweerd­ienste hersien en 'n besluit is geneem om dit by die beplande skedule vir beheerde brande te voeg," het sy gesê.

"Neem asseblief kennis dat die brandseiso­en eers in Oktober begin en enige beheerde brande is geheel en al afhanklik van die korrekte weerstoest­ande. Ons kan nie op hierdie stadium presies aandui wanneer die beheerde brand sal plaasvind nie, maar kennisgewi­ngs sal aan die publiek gestuur word via die munisipale toepassing, die Facebook-bladsy en munisipale webwerf."

Haweloses op munisipale grond kan by die wetstoepas­singsafdel­ing 044 801

6350 gerapporte­er word. In so 'n geval kan die antigrondb­esettingse­enheid geaktiveer word. Indien haweloses 'n probleem veroorsaak by privaat eiendom moet dit by die polisie aangemeld word.

 ?? ?? ‘n Beboste area wat grens aan Corporatio­nen Lynxstraat in Delvillepa­rk gee inwoners probleme.
‘n Beboste area wat grens aan Corporatio­nen Lynxstraat in Delvillepa­rk gee inwoners probleme.
 ?? ??
 ?? ?? Die area skep glo geweldige probleme met haweloses wat in die bosse woon.
Die area skep glo geweldige probleme met haweloses wat in die bosse woon.
 ?? ?? Archie Stripp se woning grens aan hierdie area.
Archie Stripp se woning grens aan hierdie area.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa