George Herald

Huil, dit is goed vir jou

-

Families Suid-Afrika (Famsa) Outeniqua het dié maand weggesprin­g met 'n bewusmakin­gsveldtog oor die belangrikh­eid van trane en huil, asook hoe om na jou geestesges­ondheid om te sien.

Hierdie is die derde artikel in 'n reeks wat oor die volgende paar weke in George Herald en aanlyn by www.georgehera­ld.com gaan verskyn.

Voordele van huil

Ontneem gifstowwe uit die liggaam

Huil verlig spanning

Help om self te kalmeer Verbeter gemoedstem­ming

Skep geleenthed­e vir ondersteun­ing

Help jou om te herstel van hartseer en pyn

Herstel emosionele balans Help om te slaap Beveg bakterieë Verbeter visie Dit help jou om hartseer te hanteer

Dit plaas dinge in perspektie­f

Wat om te doen wanneer ander huil

As iemand voor jou begin huil kan jou reaksie spruit uit die ongemak wat jy in hierdie situasie voel. Alhoewel jy dit dalk nie bedoel nie, kan jou reaksie veroorsaak dat die persoon wat huil swak, verleë of minder verstaanba­ar voel.

In plaas daarvan om te poog om 'n persoon wat huil op te beur of onmiddelli­ke hulp aan te bied, is dit soms die beste om 'n persoon ruimte te gee om te huil. Soms moet ons trane stort om emosie te verwerk.

As jy naby iemand is wat huil

Erken hul hartseer, verleenthe­id of pyn en toon deernis met hul gevoelens.

Respekteer hul trane. Laat hulle hul gevoelens uitlaat en wys vir hulle dat jy omgee.

Moenie haastig wees om raad te gee of hoegenaamd iets te sê nie. Gee hulle ruimte om hul trane te verwerk en te verlig.

Nadat hulle jou laat weet het dat hulle gereed is om te praat, help hulle om hul emosies te hanteer. Bly deernisvol terwyl jy luister na hoekom hulle gehuil het en hoe hulle nou voel.

Moenie te veel praat nie.

Laat hulle dink en hul gedagtes organiseer.

Aanvaar die manier waarop hulle op die oomblik reageer. Moenie hulle druk om op 'n ander manier te voel nie.

Raak self gemaklik met jou eie en ander se trane en moenie voel jy moet dadelik dit laat ophou nie.

Volgende week se artikel handel oor wanneer trane 'n teken is van 'n dieper uitdaging, wat om dan te doen en watter hulpbronne beskikbaar is.

 ?? ?? Laat mense gemaklik voel om in jou geselskap trane te stort. Dit is soms die beste ondersteun­ing wat jy kan bied.
Laat mense gemaklik voel om in jou geselskap trane te stort. Dit is soms die beste ondersteun­ing wat jy kan bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa