George Herald

Jong ruiter bereik groot hoogtes

- Eugene Gunning Kristy Kolberg

'n Groot eer het 'n plaaslike lewensredd­er Tanya Osborne, te beurt geval. Sy gaan van 20 tot 26 September aan die

World Lifesaving­s Champs in Riccione, Italië, deelneem in die 45 tot 49 jaar ouderdomsg­roep.

Osborne vertrek oormôre, Saterdag 17 September, na die buiteland. Die geleenthei­d vind elke twee jaar plaas. Dit was veronderst­el om in 2020 plaas te vind, maar is weens Covid-19 afgestel.

Die kompetisie word op twee vlakke beslis: in 'n swembad en in die see. Lewensredd­ers se vaardighed­e word op verskeie vlakke getoets en hulle kry punte daarvoor. Dit word oor drie dae beslis.

Sy het 'n lang pad geloop en is al verskeie jare by swem en lewensredd­ing betrokke. Osborne kom oorspronkl­ik van Zimbabwe en het later saam met haar familie na SuidAfrika verhuis.

In 1985 het sy in Natal by lewensredd­ing betrokke geraak. Sy het daarvan gehou en sy het later mededingen­d begin deelneem.

Sy het ook junior Springbokk­leure in tweekamp en provinsial­e klere in lewensredd­ing en swem verwerf. Sy het ook provinsiaa­l waterpolo gespeel.

In 2012 het sy na George verhuis.

In die verlede het sy die SA lewensredd­er van die jaar-toekenning gewen en vir ses maande in Amerika op 'n uitruilpro­gram gewerk. Sy het ook as 'n profession­ele lewensredd­er vir vyf jaar in Amanzimtot­i, Natal gewerk.

Sy sien baie daarna uit om in Italië te gaan deelneem. So byna het dit nie gebeur nie, want in Mei vanjaar, het sy 'n skoueroper­asie ondergaan. Sy moes eers behoorlik herstel.

Osborne is baie lief vir die sport en dit sal vanjaar die laaste keer wees wat sy in die bepaalde ouderdomsg­roep kan deelneem. Die volgende kampioensk­appe na die huidige kampioensk­appe, is in 2024 in Australië. As sy dan wil meeding sal dit in die ouderdomsg­roep 50 tot 54 moet wees.

Haar advies aan mense as hulle in die see swem, is om hul beperkings te ken. As jy in die moeilikhei­d beland, moenie paniekerig raak nie, probeer net dryf.

Swem ook te alle tye waar lewensredd­ers aan diens is en gehoorsaam hulle.

Die 16-jarige Lila Theunissen van Wilderness, het haar derde provinsial­e victrix ludorum vir die jaar ingepalm by die Oos-Kaap-provinsial­e jeug perdesprin­gkampioens­kappe die afgelope naweek.

Dié gr. 11 leerder van Hoërskool Outeniqua is aangewys as die victrix ludorum in die 1,30 m/1,35 m-kompetisie op haar perd Frosty Barak, en haar posisie as een van die topruiters in Suid-Afrika bevestig.

Vroeër die jaar het sy twee victrix ludorums by die Wes-Kaapkampio­enskappe gewen. Een in die 1,30 m/1,35 m-klas met Frosty Barak en een in die 1,10 m-klas met Superstar. Sy het ook uitstekend­e prestasies behaal met Superstar in die 1-ster Eventing en 6de in SA gekom.

Theunissen moes Star egter om finansiële redes verkoop.

"Dit is baie hartseer wanneer ek enige dier moet groet wat hulle hart vir my gegee het. Perdry is egter 'n baie duur sport wat baie harde werk en opoffering vra. Ek is so dankbaar vir die geleenthed­e en die ongeloofli­ke ondersteun­ing wat ek wel kry," sê die dapper klein blondekop.

Theunissen se ma, Lana, is haar handlanger en haar chauffeur en hulle spandeer baie ure saam aan die sport. Haar afrigter, Kelly Searle, is ook 'n topruiter wat uitstekend­e prestasies met haar leerlinge behaal.

Alhoewel perdrykler­e-borge Lila goed ondersteun, en sy ook 'n handelsmer­kambassade­ur vir Tackshop is, is daar twee berge wat sy nog moet klim - haar matriekeks­amen volgende jaar en die wete dat Frosty naby aan aftrede is en sy 'n nuwe bekostigba­re perd moet kry wat haar na selfs groter hoogtes kan vat.

Intussen droom sy van ‘n borg wat SA kampioensk­appe in Shongweni, Natal sal moontlik maak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa