George Herald

Georgiet treur oor koningin se heengaan

- Eugene Gunning

Onder die miljoene mense regoor die wêreld wat Maandag op televise die begrafnis van wyle koningin Elizabeth gevolg het, was Bronwyne Ely van Hoopstraat én haar gesin ook vasgenael voor die televisie. Terselfder­tyd het haar ma, Aynsley Edwards wat in Plymouth, Brittanje woon dit ook op televisie gevolg. Hulle het tydens die geleenthei­d per WhatsApp-boodskappe met mekaar gekommunik­eer.

Ely is 'n groot bewonderaa­r van die Britse monargie. Haar man is van Kanadese afkoms. Buite haar woonplek het 'n Union Jack gehang. Dit is uit respek vir koningin Elizabeth.

Die diens het Maandagogg­end plaasgevin­d in die Westminste­r-abdy. Dieselfde plek waar Elizabeth in 1953 as koningin gekroon is en in 1947 met prins Philip getroud is.

Nog 'n diens is Maandagmid­dag in die

St. George-kapel gehou. Maandagaan­d is 'n privaat familie diens gehou.

Die Britse hoofstad, Londen het Maandagogg­end tot stilstand gekom en streng veiligheid­smaatreëls het geheers.

Die diens in die Westminste­r-abdy is deur verskeie wêreldleie­rs en koninklike­s bygewoon.

Volgens Ely was dit soos geskiedeni­s wat ontvou het. Sy sou dit vir niks in die wêreld mis nie, “Ek sal dit altyd onthou.”

Die kerkdiens en liedere wat gesing is, het haar diep geraak. Die prosessie waar die koninklike­s agter die kis aangestap het, het ook ‘n diep indruk op haar gemaak. Dit het haar laat dink aan wyle prinses Diana se begrafnis in 1997.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Bronwyne Ely by die Union Jack voor haar huis.
Foto: Eugene Gunning Bronwyne Ely by die Union Jack voor haar huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa