George Herald

George-oumotorsko­u loslit op pad na 2023

- Eugene Gunning

Reëlings vir die George-oumotorsko­u 2023, wat op 11 en 12 Februarie plaasvind, is goed op koers.

Die skou sal weer by Eden HTS plaasvind - die 26ste oumotorsko­u. Die skou is een van die hoogtepunt­e op die George-kalender en word uitstekend ondersteun.

Verlede jaar se skou is gekanselle­er en vanjaar was daar steeds Covid-protokolle in plek om getalle te beperk. Feesganger­s is in verskillen­de tydgleuwe op die perseel toegelaat.

Alewijn Dippenaar, voorsitter van die skoukomite­e, het Maandag 12 September gesê hulle sien baie uit na aanstaande jaar se skou sonder beperkings. Die organiseer­ders het reeds navrae van belangstel­lendes ontvang. Vanjaar se skou is op die internet gestroom en het tot gevolg gehad dat daar selfs belangstel­ling uit die buiteland is vir 2023 se skou.

Besoekers pas selfs hul bestaande planne aan sodat hulle die skou kan bywoon.

Benewens die motors sal daar weer onder meer trekkers, modelle van motors en voertuie, 'n biertent, en verversing­stalletjie­s wees.

Voertuigin­skrywings open op 1 November en mense wat belangstel in stalletjie­s by die skou, kan ook navraag doen.

Die afsnypunt vir motors in die oumotor-afdeling is 1975, maar daar is ander afdelings waarin jonger motors ingeskryf kan word.

Dippenaar sê sowat 1 000 voertuie word gewoonlik uitgestal. Sestig motorklubs vanoor die land is genooi om deel te neem. Mense kan ook individuee­l hul motors inskryf.

Tussen 14 000 en 16 000 besoekers stroom na George gedurende die twee dae van die skou - 'n wonderlike hupstoot vir die plaaslike ekonomie.

"Dis loshande die grootste fees in George wat toeskouerg­etalle betref. Die uitstaller­s kom van regoor Suid-Afrika. Hulle maak gebruik van oornag en ander geriewe in die gasvryheid­sbedryf, maak tenk vol en koop kos. Dit beteken 'n reuse-ekonomiese inspuiting vir George."

Mense wat belangstel kan Dippenaar bel by 082 457 5675 of www. scocc.co.za besoek.

 ?? ??
 ?? ?? ‘n Ou kombi is nou maar eenmaal mooi.
‘n Ou kombi is nou maar eenmaal mooi.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Veteraanmo­tors van alle kleure en geure is jaarliks te sien.
Foto’s: Eugene Gunning Veteraanmo­tors van alle kleure en geure is jaarliks te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa