George Herald

Rotariërs hou konsert vir goeie doel

- Eugene Gunning

Die Rotariërs gaan op 7 en 8 Oktober konsert hou by die Acropolis Venue by die Olympia Equestrian Centre R404 Blanco, George.

Dit is ten bate van die George Rotary Projects. Die kunstenaar­s wat gaan optree is Thys Beukes en Eugene Prinsloo van GnT, Hannah Prinsloo bekend as Hannah E, en Michael van Zyl.

Toegangsge­ld beloop R250 vir gewone kaartjies, R350 vir 'n BBP-kaartjie wat 'n bottel wyn insluit, 'n kaasbord, 'n toegewysde kelner met die beste sitplekke.

Dit is 'n lewende vertoning met onder meer beligting, videos en gepaste kostuums. Die produksie vertel die geskiedeni­s van Rock & Roll van 1954 tot en met die tagtigerja­re.

Geld wat ingesamel word sal vir 'n goeie doel aangewend word. George Rotariërs behartig baie projekte in die gemeenskap en sluit in finansieri­ng, bystand en profession­ele hulp vir niewinsgew­ende organisasi­es in en om George.

Volgens die organiseer­ders is daar veilige parkering, 'n kontantkro­eg en ligte etes/ versnaperi­ngs beskikbaar. Daar sal ook sekuriteit by die venue en parkering wees. Hulle benadruk dis 'n profession­ele produksie met puik kunstenaar­s, beligting en klank.

Konsertgan­gers sal na die vertonings van die kunstenaar­s in persoon kan ontmoet om byvoorbeel­d hul handtekeni­nge te kry en CD’s te koop.

Kaartjies is beskikbaar op quicket.co.za asook by die deur. Vir meer besonderhe­de kontak Willie Goldblatt by 082 885 7689.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa