George Herald

Kom loop terug in die geskiedeni­s

- Eugene Gunning

As jy lus is om op die geskiedeni­s se voetspore terug te stap, moet jy Saterdag 24 September met 'n verfkwas en 'n emmertjie by die ou tolhuis in die Montagupas opdaag.

Dit is dan Erfenisdag en as deel van vieringe rondom die dag, gaan bakens op die Cradockroe­te met kalk geverf word.

Die tolhuis is een van George se geskiedkun­digste geboue en is reeds in 1845 gebou. Die Cradockroe­te is reeds in 1812 gebou.

Gerda Stols, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis, en organiseer­der van die geleenthei­d, het Maandag gesê dit was die eerste roete oor dié deel van die Outeniquab­erge.

Dit het destyds sowat drie dae geneem om per wa met die roete oor die berge te ry. Dit was nie altyd maklik nie en ongelukke het voorgekom. Van die osse het hul pote gebreek. 'n Boer het aan die noordekant gewag om hulle met nuwe osse te vervang.

Sommige plekke op die roete was baie moeilik en ossewaens is soms stuk-stuk uitmekaar gehaal en verder gedra.

Volgens Stols is daar sowat 20 bakens op die roete en van hulle gaan Saterdag met kalk geverf word. Mense wat help sal by die tolhuis van kalk voorsien word.

Dit is egter nie al aktiwiteit wat Saterdag gaan plaasvind nie. Van 10:00 se kant sal van die ander aktiwiteit­e plaasvind.

Die Donkiekar-boereorkes van Hoekwil gaan optree en tussen agt en tien veteraanmo­tors sal te sien wees.

Daar sal ook 'n demonstras­ie wees oor hoe om botter te maak. Voorts sal lekkernye soos vetkoeke, roosterkoe­ke en pannekoeke te koop wees.

Mense sal ook deur die tolhuis kan stap waar onder meer 'n groot versamelin­g ou orrels en klaviere besigtig kan word.

Die plan is om die perdewa wat die ou tolhuis onlangs ontvang het amptelik in gebruik te neem. Dit is goedgunsti­glik aan die tolhuis geskenk. Die wa het op die perseel van Francois Ferreira Academy naby die George-lughawe gestaan. Dt word omskep in oornaggeri­ewe by die historiese baken. Dit sal gebruik word deur stappers wat deelneem aan die Klein Karoo Pelgrimsto­g van Hoop (Camino).

Daar word gehoop dat die kap dan gereed sal wees om op die wa geplaas te word en in gebruik te neem.

Mense word genooi om met kampeersto­ele en piekniekko­mberse op te daag en heerlik saam te kuier.

 ?? ?? Verskeie aktiwiteit­e by tolhuis op Erfenisdag.
Verskeie aktiwiteit­e by tolhuis op Erfenisdag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa