George Herald

Oakdale-toutrekspa­n die wêreldkamp­ioene

-

Die 560 kg-toutrekspa­n van die Hoër Landbousko­ol Oakdale, wat as die Proteaspan aangewys is om Suid-Afrika by die Wêreldtout­rekkampioe­nskap in Holten, Nederland te verteenwoo­rdig, is pas as wêreldkamp­ioen gekroon.

Die groep wat uit 12 lede bestaan het, het onder die afrigtings­oog van mnr. Piet Lourens al sewe uitdunweds­tryde (trekke) gewen. Die span het in hul uitdunne o.a teen Engeland, Thailand, Switzerlan­d, Duitsland en Frankryk meegeding. Die span klop vir

Nederland in die halfeindst­ryd met 2 - 0 ten einde deur te dring na die eindronde. 'n Naelbyt trek teen Chinese Taipei bied 'n oorwinning van 2 - 0 aan Oakdale en hulle verwerf die titel van wêreldkamp­ioen in die 560 kg-kategorie vir junior mans.

 ?? ?? Voor links is Wesley Barkhuizen (George) en regs Gideon Pretorius (Danabaai). Agter: Willem du Buisson (skoolhoof), NJ Tesner (Swellendam), Roedolf Robertson (Sedgefield), Janco Olivier (Swellendam), Zack Kroukamp (Heidelberg), Thys Lourens (Riversdal), Piet Lourens (afrigter) en Tiaan Kok (Swellendam).
Voor links is Wesley Barkhuizen (George) en regs Gideon Pretorius (Danabaai). Agter: Willem du Buisson (skoolhoof), NJ Tesner (Swellendam), Roedolf Robertson (Sedgefield), Janco Olivier (Swellendam), Zack Kroukamp (Heidelberg), Thys Lourens (Riversdal), Piet Lourens (afrigter) en Tiaan Kok (Swellendam).
 ?? Op 6 September het Laerskool Blanco 'n geelhoutbo­om vir Nasionale Boomplantw­eek saam met CapeNature geplant. Hier is die preprimêre leerders saam met die verteenwoo­rdigers van CapeNature. ??
Op 6 September het Laerskool Blanco 'n geelhoutbo­om vir Nasionale Boomplantw­eek saam met CapeNature geplant. Hier is die preprimêre leerders saam met die verteenwoo­rdigers van CapeNature.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa