George Herald

Malle gejaag in Glenwoodla­an-Oos

-

Johan Vogel, George:

Ons is woonagtig in Glenwoodla­an-Oos, in die Kraaibosch­park-kompleks in die pad wat lei na die Groenkloof-aftreeoord. Ons is nou ‘n geruime tyd bewus van die geweldige verkeer wat hierdie pad verduur. Die pad het ‘n spoedgrens van 50km/h en motoriste hier gebruik dit asof daar geen spoedgrens bestaan nie. Wat sal dit verg om ‘n paar spoedhobbe­ls hier aan te bring? Dis ‘n malle gejaag van konstruksi­evoertuie van alle groottes, aflewering­svoertuie van en na die Groenkloof-restaurant, seniors wat op en af ry met hulle beplande roetes en dan sekuriteit­svoertuie wat natuurlik, met die druk van iemand se paniekknop­pie, soos mal goed hier verbykom!

Behalwe vir die verontagsa­ming van die spoedgrens, is hierdie pad totaal onvoldoend­e vir die hoeveelhei­d verkeer wat dit gebruik.

Dit begin vanaf 05:00 soggens en is onophoudel­ik tot ongeveer 20:00 saans.

Met die hoeveelhei­d voertuie wat alleenlik in die Groenkloof-aftreeoord­e gebruik word, sowel as die Kraaibosch­park en Ridge-ontwikkeli­ngs wat tans in aanbou is, verwonder ek my hoe die ontwikkela­ars van hierdie reusekompl­ekse hoegenaamd verby die munisipali­teit gekom het betreffend­e die indien van die impakstudi­es op die terrein en die alleentoeg­angsroete wat Glenwoodla­anOos dan uitmaak? Daar is al beloftes gemaak oor verdere uitgangsro­etes wat in beplanning is, maar wanneer? Moet daar altyd eers ‘n probleem ontstaan voor ons gaan wakker skrik?

Toe die destydse brand hier in die Saasveldge­bied ontstaan het, wat weens die sterk bergwind reguit hierheen oorgetrek het, was die mense van Groenkloof afgesny van die res van die dorp as gevolg van die vlamme wat Glenwoodla­an onveilig en onrybaar gemaak het. Wat het van daardie verslag geword waar ‘n noodtoesta­nd net-net afgeweer is?

Hierdie pad is boonop te nou. Die senior burger-bestuurder­s wat hiervan gebruik maak, beleef elke keer ‘n benoudheid, veral by die diensingan­g van Kraaibosch­park, waar die pad vanaf die 90°-draai en die pad vanaf Groenkloof ontmoet. Die paaie kom nie eers mooi ooreen nie en as mens van die een of die ander rigting kom, lyk dit of die aankomende voertuig direk in jou baan aankom.

Die konstruksi­evoertuie moet dikwels met die linkerwiel­e van die pad af hou om verby te kom. Hoe kan ons dan met hierdie veiligheid­srisiko saamleef ?

Boonop stap van ons seniors daagliks met hierdie roete.

Die deel van Glenwoodla­an wat vanaf die weste kom, is onderbreek deur ‘n geblokkeer­de doodloop, wat keer dat die motoriste nie na die oostelike deel kan deurry nie. Die roete wat vanaf CTM in Knysnaweg by Kraaibosch Village verbykom word so ewe met ‘n stopteken geëindig, asook die roete vanaf Groenkloof. Kan ek net ‘n vraag aan die komitee rig wat daardie nuttelose stoptekens op ‘n 90°-hoek aangebring het, wat hulle doel daarmee was? Dit was sekerlik nodig toe daar ‘n volledig gebruikte Glenwoodla­an was om te keer dat die verkeer vanaf Knysnaweg nie voor die deurvloeie­nde Glenwoodla­an inry nie?

Soos George en omgewing met rasse skrede uitbrei, dink ek ons verkeersaf­deling en munisipali­teit moet saamgroei om sulke knelpunte te identifise­er en vroegtydig uit te sorteer.

Kommentaar:

George Herald het al verskeie keer klagtes oor hierdie pad gepublisee­r. Georgemuni­sipaliteit se onlangse kommentaar was dat die verbreding van die pad sal afhang van wanneer ontwikkela­ars gereed is om met hulle ontwikkeli­ngsregte voort te gaan. Die munisipali­teit sal slegs bydra tot die pad indien dit die ontwikkela­ar is van sy gedeelte grond in die gebied.

Groenkloof se kommentaar was dat alle ontwikkela­ars wat in Kraaibosch ontwikkel, finansieel bydra tot die padnetwerk­meesterpla­n vir die Kraaibosch­gebied. Elke ontwikkela­ar moet volgens sy ontwikkeli­ng se rit-opwekking finansieel bydra tot die ontwikkeli­ng van die paaie.

Die padnetwerk-ooreenkoms bepaal dat padbydraes gemaak moet word alvorens eiendomme in ‘n ontwikkeli­ng mag oordra. Die ooreenkoms moet konsekwent toegepas word om te verseker dat die paaie deurlopend aan die behoeftes van ‘n groeiende gemeenskap voldoen. "Groenkloof­ontwikkela­ars is angstig dat die pad verbreed moet word en aangesien nuwe ontwikkeli­ngs nou begin het, behoort hierdie ontwikkeli­ngs se padbydraes binnekort hiervoor aangewend te word. Die munisipali­teit is in beheer van die vordering van padbydraes deur die ontwikkela­ars en die uitvoering van die padmeester­plan."

Kraaibosch se ontwikkela­ars wou nie kommentaar lewer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa