George Herald

Blanco se gemeenteko­nsert baie gewild

-

So gewild was die NG Kerk Blancogeme­ente, se konsert dat nog 'n vertoning aangebied gaan word.

Dit kon uiteindeli­k weer, na die Covid19-pandemie inperking, op 2 September aangebied word. Dit is 'n jaarlikse gemeente konsert. Die musiekspan het maande lank onder leiding van Drini Botha, die musiekkoör­dineerder geoefen, om 'n goed afgeronde produksie op die planke te bring.

Die musiekspan het as gevolg van die geweldige positiewe terugvoer besluit om die konsert getiteld, Movies & Musicals op Vrydagaand 28 Oktober te herhaal.

Dit beloof om 'n heerlike aand te wees gevul met bekende en besonderse musiek uit bekende musiekblys­pele en films.

Blanco-gemeente George nooi jou uit om jou piekniekma­ndjie met eet- en drinkgoed saam te bring en saam te kuier.

Tafelbespr­ekings kan gedoen word by Gerda 044 870 7595, teen slegs R50 'n kaartjie.

Sien jou 28 Oktober 17:30 by die NG Kerk Blanco-kerksaal.

 ?? Photo: Gustav Snyman Potpourri ?? See more photos at
Carpe Musicam! Orchestra and Choir entertaini­ng guests at their first House in George. concert at Glenwood
Photo: Gustav Snyman Potpourri See more photos at Carpe Musicam! Orchestra and Choir entertaini­ng guests at their first House in George. concert at Glenwood
 ?? ?? Die gemeenteko­nsert in volle gang.
Die gemeenteko­nsert in volle gang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa