George Herald

Alzheimers-ondersteun­ingsgroep bied hulp

-

Die George Alzheimero­ndersteuni­ngsgroep hou 'n maandeliks­e vergaderin­g waar hulp en ondersteun­ing gebied word aan mense wat hulp in hierdie verband nodig het.

Die groep bestaan uit mense met eerstehand­se kennis en ervaring, profession­ele versorgers en mense wat aktief besig is om geliefdes te versorg.

Vrae waarmee jy te doen kry, word bespreek en bewese raad en ervarings word gedeel.

Hier is 'n paar simptome van Alzheimer se siekte:

1. Om goed gereeld te verlê en dan ander te beskuldig dat hulle dit geneem het.

2. Sukkel om bekende take te verrig

3. Name en afsprake vergeet en dit eers later onthou.

4. Staatmaak op onthou notas om goed te onthou.

5. Baie vreemd optree.

Toegang is gratis.

Vir meer inligting, kontak Johan by

082 895 7023.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa