George Herald

Boesak: ‘ANC het dalk nog een kans’

- Eugene Gunning

Die ANC is diep in die moeilikhei­d, maar het dalk nog 'n laaste kans. So sê prof. Allan Boesak, een van die groot stryders teen apartheid in die vorige politieke bedeling.

Hy het verlede Donderdag, 15 September, met George

Herald gepraat na afloop van die bekendstel­ling van sy boek,

Selfless Revolution­aries by die Nelson Mandela Universite­it, George-kampus. Boesak was in die verlede 'n senior ANC-lid en deel van die party se topleiers.

Benewens studente, het gemeenskap­sleiers en politieke leiers ook die geleenthei­d bygewoon. Onder die politieke leiers was Virgill Gericke, leier van die PBI.

Volgens Boesak is dit duidelik dat die ANC as 'n party nie meer die regte party is nie. In 2012 het 'n vriend van hom vir hom gevra of hy sal terugkeer as die ANC regkom. Sy antwoord was destyds: 'Nee.'

"Ek was toe al oortuig dat die ANC moet ontplof en dat ons op die as van die party iets anders moet bou."

Sisulu gee hom hoop

Maar, nadat hy vir minister Lindiwe Sisulu ontmoet het, voel hy daar is hoop. Hy sê as die ANC die moed en gesonde verstand het om van die bestaande leierskap ontslae te raak, en vir haar 'n kans gee, is daar hoop.

Dis nie net omdat sy 'n vrou is nie. Volgens hom het sy die kwaliteite wat nodig is vir die huidige krisis. As hulle dit kan regkry by die party se nasionale konferensi­e in Desember, is daar hoop.

Op die vraag waarom die ANC in die situasie beland het, het Boesak gesê alles was in hul guns, maar hulle het hul kanse verspeel. "Dis die realiteit van absolute verkwiste kanse en geleenthed­e van 'n totale miskenning van wat die ANC behoort te wees.

"Hulle het 'n politiek van selfsugtig­heid gevoer wat ek in my leeftyd baie min gesien het. Die ANC het alle kanse gehad. Dis verspeelde kanse sowel as moedswilli­ge verkeerde keuses wat hulle gemaak het."

Waterskeid­ing

In sy formele toespraak het Boesak gesê die ANC het 'n laaste kans om hulself te red

van vergetelhe­id en die land van verdere vernietigi­ng.

Dit is by die ANC se nasionale konferensi­e in Desember. Hy sê dis nou 'n tyd van ongekende krisis - 'n waterskeid­ing en historiese oomblik.

Hy sê die stryd is ver van verby, al is daar mense wat anders glo. "Ons rewolusie is gekaap en gesteel."

Mense het ordentlike huise nodig en werkers 'n leefbare loon. Kinders het onderrig nodig wat hulle toerus vir die uitdagings van die moderne wêreld. Daar is geen kortpaaie na bevryding en geregtighe­id nie. Daar is geen plaasverva­nger vir vryheid en gelykheid nie.

Jonges se beurt

Tydens vraetyd was daar onder meer 'n vraag uit die gehoor of hy weer die UDF sal laat herleef.

Boesak het gesê hy sal dit nie weer kan laat herleef nie. "Ek is nie meer regtig jonk nie.

Die stryd moet gevoer word deur mense wat besef hul toekoms is op die spel."

Hy het gesê hy is bereid om saam met hulle te marsjeer.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Dr. Elna Boesak en prof. Allan Boesak by die geleenthei­d.
Foto: Eugene Gunning Dr. Elna Boesak en prof. Allan Boesak by die geleenthei­d.
 ?? ?? ‘n Deel van die gehoor wat die geleenthei­d bygewoon het.
‘n Deel van die gehoor wat die geleenthei­d bygewoon het.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Virgill Gericke, PBI-leier was een van die politieke leiers wat die geleent-heid bygewoon het. Hier teken prof. Allan Boesak ‘n eksemplaar van sy boek vir Gericke.
Foto’s: Eugene Gunning Virgill Gericke, PBI-leier was een van die politieke leiers wat die geleent-heid bygewoon het. Hier teken prof. Allan Boesak ‘n eksemplaar van sy boek vir Gericke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa