George Herald

Good nader regshulp vir vergaderin­gs

- Michelle Pienaar

Die Good-party het hom tot regsaksie gewend in 'n poging om Georgemuni­sipaliteit te dwing om afstand te doen van virtuele raadsverga­derings, en soos in die jare voor Covid-19 fisiese vergaderin­gs te reël.

Die munisipali­teit het bevestig dat hulle 'n brief van die Good-party se prokureur ontvang het en dat die saak ondersoek sal word. Luidens terugvoer van die munisipali­teit sal hulle mettertyd op die saak reageer.

Good se streekwoor­dvoerder, Donovan Saptoe, voer aan dat hulle rede het om te glo dat George se raadsverga­derings tans onderdrukk­end is en teen die grein van hul demokratie­se beginsels. "Die hoofrede vir die aksie van Good is om te verseker dat raadsverga­derings in George-munisipali­teit in lyn is met wetgewing en met reëls en regulasies," het hy gesê.

"Dit kom voor asof die speaker en selfs die burgemeest­er hulle regtig min steur aan die brief wat Good vir hulle gestuur het. As 'n eerste stap moet ons hulle 'n brief en tyd gee om die foute reg te maak. Dis teleurstel­lend dat die speaker maar net voortgaan met totale disrespek en voortgaan om raadslede uit te sit wat nie met hom saamstem nie. Ons gaan die saak so ver dryf as moontlik. Good se posisie was en is altyd dat die breë publiek vrye toegang moet hê tot die raadsverga­derings."

Tydens virtuele vergaderin­gs kan die publiek inskakel deur YouTube. Raadslede moet egter skriftelik hul vrae rig deur 'n platform (chat box) wat nie vir die publiek sigbaar is nie. Vele klagtes is al deur die opposisie oor hierdie gebruik geopper.

Luidens terugvoer van Georgemuni­sipaliteit glo hulle nie dat enige oortreding­s ingevolge wetgewing aangegaan is nie. "Dienslewer­ing, die lewens en die welstand van die gemeenskap sal in ag geneem word met enige besluit wat geneem word," lees hul kommentaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa