George Herald

Scheun se dood ‘n groot verlies

- Hugo Redelinghu­ys

Die skielike dood van die Suid-Kaapse sakeman David Scheun, en die tragiese aard daarvan, was en is 'n onmeetlike verlies vir sy familie en groot vriendekri­ng.

Die 55-jarige Scheun van George was saam met sy gesin in Jongensfon­tein naby Stilbaai toe hy op Dinsdagogg­end, 10 Januarie, omstreeks seweuur besluit het om alikreukel te gaan uithaal en hy vermoedeli­k 'n hartaanval gekry het.

Watertite Guttering is in 1973 gestig. Sy suster, Nelia Jansen, is die besturende direkteur van die groep en David Scheun het die George-tak in 1998 begin en bedryf.

Tussen die twee van hulle het hulle dit tot 'n reus in die bedryf vir soomlose geute uitgebou.

Dat Scheun groot waardering en respek as sakeman by sy werknemers en kliënte ingeboesem het, blyk uit die huldeblyke wat op Facebook instroom. Sy voortrefli­ke loopbaan is gekenmerk deur sy profession­ele, eerlike en deugsame aanslag en uitstekend­e kliëntever­houdinge en met sy gelykmatig­e temperamen­t en gebalansee­rde uitkyk op die lewe het hy talle vriende oor 'n wye spektrum gemaak. Sy kalmte en waardighei­d was aansteekli­k vir almal met wie hy homself omring het.

Maar dis as gesinsman, vader en eggenoot wat hy uitgestaan en 'n navolgensw­aardige voorbeeld gestel het. Sy onvoorwaar­delike liefde vir sy vrou en twee dogters was welbekend en hy het hulle met liefde en algehele toewyding omarm. Vir die res van sy familie was hy die gom wat gesorg het dat niemand ooit kontak verloor nie.

'n Troosdiens word eerskomend­e Saterdag 21 Januarie om 11:00 by Fancourt Hotel gehou.

Vir enige navrae kontak Nelia Jansen by 083 303 5066.

Scheun word oorleef deur sy vrou, Chrisma, en sy twee dogters Elke en Minke, en sy broer Hein en suster Nelia.

 ?? David Scheun ??
David Scheun

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa